Tuesday 1 January 2013





Dierbare Hemelse Vader,

Hier is ons aan die begin van ‘n splinternuwe jaar …
Ons dra hierdie jaar aan U alleen op!
Ons gedagtes  en ons pogings wy ons daaraan
om U goedheid voort te bring.
Dierbare Vader, U is ons krag, ons lewe, ons alles!
U is die liefde in ons hart
wat harmonie bring.
U is die Lig wat ons lei,
en in en deur ons werk en straal.
Dwarsdeur hierdie jaar sal ons onthou
dat ons in U lewe, beweeg en is.
Al ons planne en hoop en drome
sal ons aan U toevertrou,
wetende dat alle dinge in U
hul ware vervulling vind.
Dwarsdeur hierdie jaar sal ons bewus bly
van U liefdevolle teenwoordigheid.
Vrede en geluk sal ons bybly,
elke oomblik van hierdie hele jaar,
want ons weet dat U liefde ons omvou,
U lig ons lei,
en U krag ons versterk!

Amen

No comments: