Monday 24 August 2015

Versoening is Nodig






Versoening is nodig


Werklike liefde is dit:  nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.  Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.  -  1 Joh. 4:10 en 11



Here Jesus,


Báie dankie dat  U vrede kom maak het tussen God en my,
dat mý sondes nou vergewe kan word
omdat  Ú aan die kruis daarvoor betaal het.
Here, ons het  U versoening só nodig in hierdie land.
Maak ons gewillig om vir mekaar ruimte te maak
en wérklik oor kleurgrense heen met mekaar
versoen te raak.
Here, help my om na ander mense te kyk déúr u kruis,
en te weet dat  U élke mens só liefhet dat  U gewillig was
om ú lewe vir ons prys te gee.
Maak my asseblief gewillig om die strydbyle
van die verléde te begrawe en ander mense op díéselfde
manier lief te hê en te vergewe soos
wat  Ú  met my gedoen het.


Amen


Nina Smit  :  Liefde maak alles anders
(effe aangepas)



  :  Dierbre Jesus @ Facebook

Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: