Friday 4 September 2015

Vat my hand Heer






VAT  MY  HAND  HEER



U vat my aan die hand.  U lei my met U raad.  -  Ps. 73:23-24



Dánkie dierbaarste Heer, vir U lewe, en Ú teenwoordigheid in mý lewe.  U is die béste vriend wat ek óóít kan hê – my vertróúeling, my léíer, my bóésemvriend.

Soos ‘n ságte briesie wat oor my spoel, só voel ek U ónvoorwaardelike liefde vir mý.  Ek kyk na my geliefdes, en ‘n hémelse vreugde vul my siel want ek wéét Ú sien na hulle om, soos U ook na mý omsien.

Aan U gróótsheid bring ek my lof en eer – my héle lewe wy ek aan U, Héér van my hart.  Élke dag, élke uur leef ek vanuit  Ú liefde waarvan my hart só vol is, en waarvan ek in óórvloed met my medemens kan deel.  Ú Heer, is ín my, en ek is ‘n déél van U.

U is my Álfa en my Ómega – my begin en my einde.  U is álles vir my – my Verlósser en Míddelaar, deur wie ek Gods kóninkryk kan betree.

Kóm, vat my hand, Heer, en laat my vir geen óómblik vergeet hóé ná aan U ek wérklik is nie.



Gebed: Vat my hand, Heer, en blý by my!



~ Uit Daelikse Woord aangepas ~





  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






poppieoosthuizen  @  gmail.com

No comments: