Tuesday 15 September 2015

Vrees






Vrees


Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos.  Ek het jou by jou naam geroep.  Jy is Myne.  -  Jesaja 43:1



Hemelse Vader,


Hoe wonderlik is dit nie dat ek nie hoef te vrees nie –

omdat ek weet dat U my verlos het,

dat U my naam ken en ek aan U behoort.

Ek weet, Here, dat U by my sal wees

as ek deur diep waters moet gaan,

ek nie sal verbrand as ek deur vuur stap nie

omdat U my self bewaar.

U is my God

en omdat ek vir U kosbaar en belangrik is,

gee U mense in my plek,

volke in ruil vir my lewe;

laat U selfs toe dat u enigste Seun aan ‘n kruis sterf

sodat ek vir altyd kan lewe.

Dankie dat U by my is,

dat U alles van my weet en my steeds liefhet,

ôdat U van oomblik tot oomblik vir my sorg

en my van gevare sal vrywaar.

Ek loof U daarvoor!



Amen




Nina Smit  :  Vreugde in die môre



  :  Dierbre Jesus  @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





mamma333  @  gmail.com




No comments: