Tuesday 9 August 2016

VOORWAARTS








VOORWAARTS


Ek span my in om by die wenstreep te kom sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.  -  Filip. 3:14


Of dit nou ‘n klein stroompie of ‘n malende watermassa is, alle riviere is op pad na dieselfde bestemming – seewaarts!


Só is ook alle kinders van die lig op pad na diéselfde bestemming – Godwaarts!  Dis waarheen ons pad van Lig ons lei;  en die doel wat ons voor oë het, is om Gods koninkryk ons éie te maak.


Soos die stroompie nié moedeloos raak daar waar hy tussen rotse en allerhande versperrings heen sy pad moet vind nie, so sal ék ook nie moedeloos raak voor alllerhande versperrings nie.  Ek span álles in om by die wenstreep te kom, sodat ek ook die hémelse prys waartoe God my geroep het in Christus Jesus, kan vind – voorwaar die móéite werd om voor te veg.  En in dié proses word ek deel van ‘n stroom van godgerigte gedagtes van alle Ligmense dwarsoor die wêreld tot eer en verheerliking van ons Skepper, Heer en Meester van ons elkeen se hart.


Gebed:  Ek span my in om by die wenstreep te kom.



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook






 


No comments: