Friday 14 July 2017

NOMMER EEN










NOMMER  EEN
deur Carolyn Larsen


Jy mag naas My geen ander gode hê nie.  -  Eksodus 20:3



Die eerste gebod wat GOD gegee het, is dat *Hý* Nommer Een in ons lewe wil wees.  Hy wil dáárdie plek met *níks* of  *níémand* anders deel nie.  Die éérste stap in gehoorsaamheid aan GOD is om Hóm belangriker te maak as familie, vriende, gewildheid óf goeie mikpunte wat jy bereik, roem of geld, of enige iets anders.  Jy kan *níé* vir GOD én iets anders dien nie!


Jy kan *sê* GOD is jou Nommer Een en jou vríénde en jou óúers dit laat glo.  Jy kan jouself dalk óók om die bos lei, maar vir GOD kan jy *nóóit bluf nie.  HÝ sien jou *hart* en Hy wéét wat jý die belángrikste maak in jou lewe.  Vrá Hom om die ánder dinge weg te neem uit jou hart, sodat jy vir HÓM die ereplek kan gee – dan sal alles in jou lewe ook in plek val!


Vader, sjoe, dit is moeilik!  Wýs asseblief vir my watter ding ek op die troon van my hart laat sit.  Wys my *hóé* om dit minder belangrik te maak, sodat *Ú* Nommer ÉÉN kan wees in my lewe.  Dánkie kosbare Vader in JÉSUS pragtige NAAM.  Amen


https://www.facebook.com/JesussedogterkindJesusgirl/photos/a.281437075311844.63691.281332555322296/1361339427321598/?type=3&theater





 

No comments: