Die koms van die Liefde
..................... ღ
Here Jesus,
Dankie dat
U wat die lig van die wêreld is,
bereid was om die hemel prys te gee
en as ‘n mensekind gebore te word
sodat ook ék God se kind kon word.
Dankie dat U vandag nog
kom lig maak in my donkerte,
dat U vir my vrede gee wanneer my hart onrustig
is
en dat u liefde die selfsug uit
my hart en lewe verdryf.
Maak my nou u instrument, Here,
sodat ek nie net met Kersfees nie,
maar ook deur die hele jaar vir
moedelose mense ‘n liggie van hoop kan
aansteek,
vir bekommerde mense van u vrede kan vertel,
en u liefde kwistig kan deel met
almal wat my pad kruis.
Gee dat almal wat my ken
in my lewe ‘n kykie sal kry
van dié dag toe lig, vrede en liefde
na die wêreld gekom het
om vir altyd voort te leef in die lewe
van u kinders.
Amen
Uit Nina Smit Versameling : In God se Omhelsing
✉
: Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡