WONDER
Dit was die wil van die Vader om die koninkryk aan
julle te gee. - Luk. 12:32
Die koninkryk wat ons dierbare Vader aan ons gee, maak
die lewe ‘n wonder. Dit is Sy lewe
waarin ons lewe en bestaan wat ons van die nodige energie en krag
voorsien. Dit is Sy lewe wat heling
bring. Dit seën ons met liefde, vreugde,
vrede, orde en alles wat mooi en goed is, as ons dit maar net wil aanvaar en
waardeer.
Is ons miskien moedeloos en bedruk? Dan is vandag die aangewese tyd om ‘n
ommeswaai te maak. Die lewe is ‘n
wonder, met veelvuldige seëninge wat God daagliks op ons uitstort. Daar bestaan nie ‘n tyd, plek of situasie
waarin ons nie gebruik kan maak van die wonderlike eienskappe van Gods lewe om
ons te seën en met nuwe krag te vul nie.
Laat ons vandag begin met die volgende gedagte: “Met vreugde sien ek uit na die wonder wat God
vir my in gedagte het!” Nou is ons gereed om daardie wonder raak te
sien en te geniet. Dankie, Heer, vir die
wonder van U lewe wat my so bly maak!
Gebed: Met
vreugde sien ek uit na die wonder wat God vir my in gedagte het.
~ Uit Daelikse Woord ~