Wat julle van
my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. -
Filip. 4:9
Heer, toe mense getwyfel het aan my en my vermoëns, is
dit U wat my voortdurend opgebeur en aangemoedig het. Toe dit gelyk het asof alles verlore is, het
U aan my gewys hoeveel meer daar is en kan wees. Toe ek gedink het ek sal nooit weer vrede en
rus vind vir my moeë siel nie, het U my toegevou in U liefde, en ‘n diepe rus
en vrede het my hart binnegevloei. Toe ek
aangeneem het dat ek niks beteken nie, het U vir my gewys hoe waardevol ek vir
U en U wêreld is.
U, Heer van my hart, is die antwoord op alles wat ek
ooit mag nodig hê. Wanneer ek U aanroep,
is U altyd daar. Vir ewig saamgebind in
die liefde van God, weet ek U sal in die toekoms, soos in die verlede, steeds
vir my sorg.
Die vrede en vreugde wat ek ervaar omdat ek leef
vanuit U liefde en lig binne-in my, kan nie in woorde omskryf word nie. U omskep my in ‘n baken van lig en liefde in
my land en in my wêreld.
Gebed: Dankie
Vader, dat U altyd so na aan my is.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment