Showing posts with label TROOS. Show all posts
Showing posts with label TROOS. Show all posts

Wednesday, 23 March 2016

TROOS








TROOS


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (1953 Vertaling)


In elkeen van ons behoeftes kan ons séker daarvan wees dat ons Heer van Liefde áltyd met ons is, áltyd besig om ons te troos, op te hef en te versterk, selfs in die mees uitdagendste omstandighede en al is ons nie eens bewus daarvan nie.


Die behoefte daaraan om vertroos te word, die duur en die diepte daarvan, verskil tussen elkeen van ons.  Om van ‘n geliefde geskei te word, of dit deur die dood of egskeiding is, of ‘n verhouding wat op die rotse geloop het – kan maak dat ons baie alleen en verlate voel.  So ook talle ander pynlike situasies wat ons moet deurgaan.


Maar vir élkeen van ons wat deur só ‘n moeilike tyd gaan, *ís* daar hoop, want binne-in ons is daar ál die liefde, krag en moed wat ons ooit mag nodig kry, deur God ons Vader, om ons te dra deur die diépste duisternis van verdriet heen.  Hy sal ons nóóit begewe of verlaat nie, en al verander álles om ons, Hý *ís* en bly áltyd ons konstante metgesel.  Hy lúíster na ons wanhoop – Hy vertróós ons en héél die wonde van ons stukkende hart met die hélende salf van Sý troue liefde.  Ons hoef net te luister en ons sal hoor hoe Hy vir ons sê:  “Ek is hier!”


Gebed:  In Ú liefde, Heer, vind ek wéér rus.




~ Uit Daelikse Woord ~

  Trane in God se Fles / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







Friday, 11 September 2015

Troos






TROOS


God sal al die trane van hul oë afdroog.  -  Openb. 7:17


Al is die nag hóé donker, Ú Heer, is mét my -  U verkwik my siel.  U maak my hart weer heel en bring vrede in my hartseer gemoed.

Al voel ek hóé eensaam en verlate, Ú Heer is mét my – U vou my toe in u mantel van liefde en troos en verseker my dat ek nóóít alleen is nie.

Hóé groot die nood ookal is, Ú vertroos my.  U hou my stýf vas – u droog die trane van my oë af, en gee my moed om weer aan te gaan.

En as álles om my in duie stort het en ek nie herwaarts of derwaarts weet nie, is dit nog stééds  Ú wat my vrees en angs wegneem, wat my lei en aanspoor om met nuwe ywer en volharding wéér op te staan en voort te gaan.

Ú moedig my aan om op te hou dink aan dít wat kón gewees het, en herinner my daaraan dat u my liefhet en my nooit sal begewe of verlaat nie.

En al is my hart hóé ontroosbaar seer, reik U u hand na my en trek my nader  en vou U my toe in u vertroostende arms – en ek wéét dit is nét by U wat ek rus en vrede sal vind vir my bang gemoed.


Gebed:  Dankie, dierbare Vader, vir elke traan wat u afdroog.





~ Uit Daelikse Woord ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







mamma333  @  gmail.com



Thursday, 3 September 2015

TROOS






TROOS


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13


Die tipe vertroosting waarna ek smag, mag die verligting van fisiese of emosionele pyn wees, óf bemoediging en leiding om een of ander doelwit  wat ek voor oë het, aan te pak.

En nét soos ek my snoesig teen die koue in ‘n warm kombers toewikkel, so wikkel ek my toe in die líéfde van God – liefde wat vertróósting bring vir ‘n diep smart – liefde wat sê:  “Ek verstáán my kind!” en “Jy kán!”  ‘n Liefdevolle Vaderstem wat sê:  “Al kán jy my nié sien nie, is ek net daar digbý jou – jy kan op my stéún want ek sal jou nie vir ‘n óómblik alleen laat nie.”

Híérdie soort liefde, híérdie soort aanmoediging, sal ek áltyd vind as ek my wend tot my dierbare hemelse Vader wat bínne-in my woon.  Hý wat só goed verstaan wat my behoeftes is.  Rústig en stil by my Heer, word ek sággies toegevou in ‘n liefde wat níé met woorde beskryf kan word nie.

‘n Wárm gloed van liefde en vrede vloei vanuit my diepste wese tot by die pieke van my denke, en alle séér, alle twýfel en vrése, word verswelg in hierdie hémelse gloed.  Toegewikkel in Sý grootse liefde, *ís* ek vertroos!


Gebed:  Ú Heer, vertróós en lei my.  Dánkie, dánkie liefste Heer!



~ Uit Daelikse Woord aangepas ~



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







poppieoosthuizen  @  gmail.com


Monday, 27 April 2015

Troos





Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (OV)


Hoe wonderlik!  Ek kan enige tyd bid, en elke keer wanneer ek bid, word ek vertroos met die mooiste woorde:

“My liefste kind, Ek is híér, en wát jy ookal mag deurgaan, Ek is áltyd net hier bý jou.  Vir géén oomblik hoef jy deur ‘n uitdaging alleen te gaan nie.  Ek staan jou bý deur dík en dún, en is die buffer tússen jou en die aanslae teen jou – die seer is dan mínder seer, die uitdaging mínder senutergend.

Ek is híér in jou tye van eensaamheid – jou tye van verdríét wanneer jou hart in dúísende stukkies lê.  In My tere liefde vou Ek jou stýf toe, heel Ek jou stúkkende hart, en bring Ek wéér lig in jou lewe.

Ek is jou krág en jou stérkte, die móéd en dúrf waarmee jy élke nuwe dag binnegaan.  Ek is die líg op jou pad en die líéfde in jou hart.  Ontspán in My liefde, en gebruik dit na hartelus om ook ándere wat ly op te hef en te vertróós.

Ónthóú, jy is My gelíéfde kind, en Ek is áltýd net hier bý jou!!


Gebed:  Dánkie Hemelse Vader, dat  U my nie vir ‘n óómblik alleen laat nie.  Ek doen nou Ú wil en voer Ú opdragte uit!


~ Uit Daelikse Woord  (effe gewysig)~



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God alleen die eer!

Friday, 5 September 2014

TROOS





As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.  -  1 Joh. 4:12


Onder alle omstandighede, te alle tye, word ek omvou en vertroos deur die deernisvolle liefde van die Heer van my hart.  Sy liefde vir my is onwankelbaar en onverganklik en niks kan my daarvan skei nie.

As ek seer en eensaam voel, laat Sy liefde my opnuut besef dat ek iets beteken in die lewe, en dat ek nooit eensaam en verlate is nie, want Hy is altyd by my.

As ek bang en onseker voel , gee Sy liefde my nuwe krag en die moed om ‘n sukses van my lewe te maak – ‘n ware wenner in die lewe. 

As dit wil voorkom asof daar ‘n gebrek aan gesondheid, voorspoed, vreugde of vrede in my lewe is, verseker Sy liefde my dat die seëninge waarna ek verlang alreeds op pad is na my toe.  In Sy liefde en goedheid is ek geseënd.  Ek is baie waardevol vir God.  Ek is een van Sy geliefde kinders, deelagtig aan die seën van Sy ewige liefde.


Gebed:  Die liefde van God vul my hart tot oorlopens toe.


~ Uit Daelikse Woord ~



Monday, 11 August 2014

Troos





Die ewige  God is ‘n skuilplek;  sy arms is altyd onder jou.  -  Deut. 33:27


Dankie, dierbare Heer van my hart, vir U oneindige groot liefde wat altyd gereed is om my te beskerm, te vertroos en te lei.

Al gaan ek deur die diepste duisternis, U liefde is my stok en my staf.  Dit breek deur die donkerste wolk, hef my op, lei en rig my totdat ek weer in staat is om die lig te kan sien en kan voortgaan op my lewenspad.

En as ek troosteloos gaan sit langs die pad, té moeg en moedeloos om ‘n enkele tree verder te gee, is dit U wat laag afbuk en my hande teer vat, Heer.  En as ek net nie meer verder kan nie, tel U my op in u kragtige Vaderarms en dra U my, en nie voor ek in U krag, opgehef en vertroos in U liefde, weer in staat is om my voetspore langs dié van U in die sand te laat nie, sal U my neersit nie.

En as my hart in skerwe aan my voete lê, gebroke omdat ek iemand wat vir my baie na aan die hart is, verloor het, dan is dit U wat die stukkies optel en met die salf van U helende liefde die wonde heel en weer rus en vrede en moed bring waar alles so donker was.


Gebed:  Dankie Heer, vir U wonderwerkende liefde ook vir my.


~ Uit Daelikse Woord ~



Friday, 8 August 2014





TROOS


Die ewige  God is ‘n skuilplek;  sy arms is altyd onder jou.  -  Deut. 33:27


Dankie, dierbare Heer van my hart, vir U oneindige groot liefde wat altyd gereed is om my te beskerm, te vertroos en te lei.

Al gaan ek deur die diepste duisternis, U liefde is my stok en my staf.  Dit breek deur die donkerste wolk, hef my op, lei en rig my totdat ek weer in staat is om die lig te kan sien en kan voortgaan op my lewenspad.

En as ek troosteloos gaan sit langs die pad, té moeg en moedeloos om ‘n enkele tree verder te gee, is dit U wat laag afbuk en my hande teer vat, Heer.  En as ek net nie meer verder kan nie, tel U my op in u kragtige Vaderarms en dra U my, en nie voor ek in U krag, opgehef en vertroos in U liefde, weer in staat is om my voetspore langs dié van U in die sand te laat nie, sal U my neersit nie.

En as my hart in skerwe aan my voete lê, gebroke omdat ek iemand wat vir my baie na aan die hart is, verloor het, dan is dit U wat die stukkies optel en met die salf van U helende liefde die wonde heel en weer rus en vrede en moed bring waar alles so donker was.


Gebed:  Dankie Heer, vir U wonderwerkende liefde ook vir my.


~ Uit Daelikse Woord ~




Sunday, 22 June 2014





TROOS


Die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, ... sal julle alles leer.”  -  Joh. 14:26 (Ou Vertaling)


Wanneer ons bedroef is, sal die gedagte dat ons Trooster altyd by ons is, vertroosting bring vir ons hart en berusting vir ons seer gemoed.  Die krag wat bomenslik is, die vreugde wat geen trane kan uitdoof nie, die liefde wat weet dat ons nooit ‘n geliefde kan verloor nie, dit alles behoort aan u deur Christus, ons Heer.

Dink aan die vertroostende woorde van Jesus: 

“Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid ... julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees ...  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle;  nie soos die wêreld gee nie, gee Ek aan julle nie.  Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.”  (Joh. 14 vanaf vers 16 Ou Vertaling).

Mag die liefde van Christus wat in u hart woon, u vertroos, onderskraag en die nodige krag gee deur enige gebeurlikheid.


Gebed:  Dankie Heer, vir U liefde in my hart.


~ Uit Daelikse Woord – Maart 1989 ~




Thursday, 6 February 2014





TROOS


God sal al die trane van hul oë afdroog.  -  Openbaring  7:17


Al is die nag hóé donker, Ú Heer, is met my – Ú verkwik my siel.   Ú heel my hart en bring vrede in my gemoed.

Al voel ek hóé eensaam en verlate, Ú Heer is met my – Ú vou my toe in U mantel van liefde en verseker my dat ek nóóit alleen is nie.

Hóé groot die nood ookal mag wees, Ú vertroos my.  Ú hou my stýf vas – Ú droog ál die trane van my oë af, en gee my die moed om wéér te begin.

En as álles om my in duie gestort het en ek nie hérwaarts of dérwaarts weet nie, is dit nog steeds Ú wat my vrese wegneem, wat my lei en aanspoor om met nuwe ywer en volharding wéér op te staan en aan te gaan.

Wanneer ek jammer voel oor dinge wat ek in die verléde gedoen het of nagelaat het om te doen, staan Ú gereed om Ú helende balsem van vergifnis daaroor uit te giet.   U moedig my aan om op te hou dink aan dít wat kon gewees het, en herinner my daaraan dat ek *nóú-en-hier* óneindige seëning het om te geniet én op andere uit te stort.


Gebed:  In Ú liefde, Heer, vind ek vertroosting – laat my U nabyheid aanvoel.


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday, 23 January 2014





TROOS


Wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar.  -  Ef.  4:32  (OV)


Die deernis en begrip waarmee die Heer van my hart my altyd benader, is ook die deernis en begrip waarmee ek ander om my benader, want sy liefde heers in my hart.   Die vriendelikheid en genade wat Hy teenoor mý openbaar, is ook die vriendelikheid en genade wat ék teenoor andere moet openbaar.  Ek is oop, en o, só gewillig, om die wonder van sý kosbare liefde nie net vir myself te hou nie, maar óók teenoor andere uit te leef.

Jesus het immers vir die mens ‘n nuwe gebod gegee – ons moet mekaar liefhê, het Hy gesê.  Hý het vir ons gewys hoe ons Gods liefde in ons hart ten vólle moet uitleef teenoor ons naaste, en met my héle hart en siel volg ek Hom.

“Lê Ú die woorde in my mond dierbaarste Heer, wanneer iemand met ‘n stukkende hart mý hand in syne neem.  Wees Ú die deernis wat ‘n ander toevou in mý arms Heer.  Wees Ú die woorde wat heel – die stilte wat rus in ‘n uitgeputte siel se hart en vrede in sy gemoed bring.  Wees Ú die lig-bring liefde in mý hart, dierbaarste Heer van my hart!”


Gebed:  Wees Ú die ligbring-liefde in my hart, Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~



Monday, 4 November 2013

TROOS





Wat  julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen.  En God wat vrede gee, sal by julle wees.  -  Filip. 4:9


Heer, toe mense getwyfel het aan my en my vermoëns, is dit U wat my voortdurend opgebeur en aangemoedig het.  Toe dit gelyk het asof alles verlore is, het U aan my gewys hoeveel meer daar is en kan wees.  Toe ek gedink het ek sal nooit weer vrede en rus vind vir my moeë siel nie, het U my toegevou in U liefde, en ‘n diepe rus en vrede het my hart binnegevloei.  Toe ek aangeneem het dat ek niks beteken nie, het U vir my gewys hoe waardevol ek vir U en U wêreld is.

U, Heer van my hart, is die antwoord op alles wat ek ooit mag nodig hê.  Wanneer ek U aanroep, is U altyd daar.  Vir ewig saamgebind in die liefde van God, weet ek U sal in die toekoms, soos in die verlede, steeds vir my sorg.

Die vrede en vreugde wat ek ervaar omdat ek leef vanuit U liefde en lig binne-in my, kan nie in woorde omskryf word nie.  U omskep my in ‘n baken van lig en liefde in my land en in my wêreld.


Gebed:  Dankie Vader, dat U altyd so na aan my is.


~ Uit Daelikse Woord ~




Tuesday, 13 August 2013

TROOS





Soos ‘n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.  -  Jes. 66:13

Liewe Heer, laat my U liefdevolle teenwoordigheid voel.   Temidde van verwarring, laat my U sterk ondersteunende arms voel.  Wanneer ek alleen en diep bedroef voel, laat my in U vrede rus, U vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Liewe Heer, daar is uitdagings wat ek nie alleen kan hanteer nie.  Wat ‘n onbeskryflike vertroosting is dit nie om te weet dat ek op U krag, U mag en U vrede kan staat maak nie.   Ek gee álles aan Ú – my verlies en my smart, my pynlike herinneringe, my teleurstellings.  Ek voel hoe die helende aanraking van U liefde my streel en ophef.  Ek weet dat U my met ‘n ewigdurende liefde liefhet en dat U my altyd ondersteun.

Liewe Heer, dankie dat  U met my is, dat U my hand vat en my na die lig toe lei.   Dankie vir U liefde en troos wat my deur elke probleem en elke uitdaging ondersteun en onderskraag.  Saam met U gaan ek die ervaringe van die lewe met moed en vrede tegemoet!

Gebed:  By U Heer, vind ek vertroosting.

~ Uit Daelikse Woord ~

Thursday, 11 July 2013

TROOS






Jou dae van smart is verby.  -  Jes. 60:20


Is dit nie wonderlik om hierdie pragtige nuwe dag met soveel seëninge in te gaan nie!  Maar hoe kan dit dan nou ook anders wees, met ons eie geliefde Heer en Meester wat voor ons loop, en elke nuwe dag saam met ons verwelkom!

En tog – dae van smart is maar net nie geheel en al onvermydelik nie!  Dit is maar die verloop van die wêreld met al sy uitdagings.  Maar wat ookal die smart is wat u hart in stukke breek, onthou – u is nooit ooit alleen nie.  Steek maar net u hand uit, en u sal voel hoe ons Hemelse Vader sag en teer u hand in syne neem.

En diep in u hart sal U sy stem saggies hoor fluister:

“Leun op My, want Ek gee om vir jou ...   Ek sal jou wonde heel.   Ek sal jou oë wees wanneer jy in die duisternis rondtas.  Ek sal jou hart wees, altyd vol moed en hoop.   Na waters waar rus is sal Ek jou heen lei.   Ek sal  jou siel verkwik.   Leun op My – jou eie inwonende Christus-self – dit is Ek, en Ek het jou lief met ‘n ewige liefde.”


Gebed:  Dankie dierbare Heer dat ek op U kan leun en dat U my liefhet.



~ Uit Daelikse Woord ~



Thursday, 7 February 2013





TROOS

Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.  -  Matt.  5:4

Toe Jesus Sy oë oor die skares wat Hom gevolg het, laat gaan, het Hy baie meer gesien as wat vir die blote oog sigbaar was.   Hy het diep gekyk en hulle kommer, hulle siektes en hartseer raakgesien en dit dan ook genees, omdat dit is wat hulle van Hom verwag het.

Nadat  Hy met so ‘n skare te doen gehad het, het Hy Sy bergpredikasie gelewer.   Bo-op ‘n berg het Hy gaan sit, met Sy dissipels om Hom, en aan hulle het hy die wonder van die geestelike lewe –‘n lewe in Hom, verduidelik.  Oor elke probleem in die mense se lewe, het Hy ‘n seën uitgespreek.

Lees maar gerus self die bergrede in Matt. 5, en laat die waarheid daarvan diep in u wese insink.  -  “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.   Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.”  Geseënd is, geseënd, geseënd …  Wonderlike woorde van vertroosting – maak dit u eie en vind rus vir u moeë siel.

Gebed:  Dankie Heer, vir U seëninge so wonderbaar!

~ Uit Daelikse Woord ~






Sunday, 18 November 2012





TROOS

Die ewige God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. – Deut. 33:27

God het my lief, en met teerheid en sorg vou Hy my toe in Sy vaderarms.  Nooit is ek alleen nie – ek lewe, beweeg en bestaan in Sy kosbare liefde, lig en krag.

Met volle vertroue en oorgawe plaas ek al my vrese en bekommernisse in Sy troue sorg en bewaring.  Ook mense en omstandighede wat my met kommer en wanhoop mag vul, oorhandig ek óók aan Sy troue sorg.  Ek gló dat Sy wil sal geskied.

Ook vir hulle wat my ná-aan die hart lê, sien ek omvou in Sy grote liefde, en ek wéét dat Hy hul steeds lei op weë wat vir hulle reg en goed is, weë wat lei tot hul hoogste heil.

Ek ís ‘n kind van God, geskape na Sy beeld en gelykenis.  Stap vir stap lei Hy my, leer Hy my en stadig maar seker, treetjie vir treetjie beweeg ek ál hoe nader aan Sy heilige troon.

My skuilplek is bý God, en ek rus in die koestering van Sy ewige arms.

Gebed:  Die liefde van God omvou my en ek is veilig!

~ Uit Daelikse Woord ~

Saturday, 6 October 2012





TROOS


Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  -  Jes.  41:13


Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe lê?  Wie vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebreek is?  Ons Here en ons God – Hy wat so sag en stil vir ons sê:   “Ek vat jou hand.”  En as ons ons hand uitstrek en dit in Syne lê, is dit Sy liefde wat so sag soos dou die wonde heel en weer lig bring waar eens duisternis was.

As jy eensaam en allenig is, is Ek hier.
As jy bang is, is Ek hier.
As jy in pyn is, is Ek hier.
Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie.
Ek is in jou, en jy is in My.
Al slaag jy nie daarin om My te vind nie, Ek sal jou nooit faal nie.
Al is jou geloof in My nog so klein, My geloof in jou wankel nooit nie, want … Ek ken jou, en Ek het jou lief.
Geliefde, hier is Ek!


Gebed:  Vat my hand, Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~




Friday, 14 September 2012





TROOS


Ek is dit wat julle troos. – Jes. 51:12  OV


Wat is meer vertroostend as die wete dat Ek net hier by jou is?  Voor jou grootste verlies of ontsteltenis, is Ek hier.  Voor jou grootste uitdaging, is Ek hier.  Ek vou jou toe in My liefde, hou jou staande in My krag, en lei jou voorwaarts in My lig.  En wanneer jy net nie meer kan nie, sal Ek jou optel en dra, tot jy weer op jou eie voete kan staan.

Vir geen oomblik is jy alleen nie – aanvaar dit en vind rus vir jou siel in hierdie grootse waarheid.  Ek is hier om verligting te bring wanneer jy in pyn verkeer, en om jou te kalmeer wanneer jy bang is.

Ek is hier om jou te lei deur die diepste duisternis – na waters waar rus is, lei Ek jou heen.  Ek verkwik jou siel, en lei jou in die spore van geregtigheid.

Ek is hier om toe te sien dat jy geestelik groei deur die uitdagings van die lewe heen.  En omdat Ek elke tree van die weg saam met jou stap, is daar niks wat jy nie in My krag kan oorkom nie.  Weet dit, glo dit, en jy sal ‘n wenner wees in My lig, liefde en krag, altyd daar vir jou!


Gebed:  Ek is ‘n kind van God, toegevou in Sy liefde.


~ Uit Daelikse Woord ~




Sunday, 12 August 2012








TROOS


Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God.  1 Joh 3:2


Dierbare kind, jy hoef nie uit te roep om hulp nie, want Ek is en was nog altyd hier by jou, en Ek sal altyd by jou bly.  Ek sal jou troos wanneer jy vertroosting nodig het, en Ek sal jou krag gee wanneer jy swak voel.

Wanneer  die tye waardeur jy gaan baie moeilik word, en jy voel jy kan nie meer nie, sal Ek jou dra, en daar sal net een ry voetspore in die sand wees.  Deur enige teleurstelling, enige uitdaging, sal Ek jou troos.  Deur aangename tye sal Ek ook met jou wees – Ek sal saam met jou fees vier en juig.

Luister mooi en weet dat alles wat Ek het – eindelose blydskap, absolute liefde, onvoorwaardelike aanvaarding – altyd tot jou beskikking is wanneer jy gereed is om dit te aanvaar.  Ek is jou krag en jou vertroosting.  Ek is die liefde wat jou omvou en beskerm.  Ek is die lig op jou pad – die vrede en rus in jou gemoed.

Ek is die Gees van Christus in jou, en Ek is met jou, nou en vir ewig.  Nooit sal Ek jou begewe of verlaat nie.  Geliefde – hier is Ek!  Kom, vat my hand.


Gebed:  Ek kom Heer, vat my Hand!


~ Uit Daelikse Woord ~