GOD HET ALLES GEMAAK
deur Nina Smit
Die see is Syne, Hy het dit gemaak, sy hande het die land
gevorm. Kom ons val in eerbetoon voor
Hom neer ... kom ons kniel voor die HERE
ons SKEPPER! - Ps.
95:5-6
God het álles gemaak: die wêreld waarin jy woon, die sterrehemel,
die mense en diere en plante en blomme.
Dié God wat jy aanbid is die Skeppergod.
Ook onderhou Hy sy skepping élke dag.
Om maar één voorbeeld te noem: ons
sterrestelsel beweeg teen die ongelooflike spoed van meer as 780.000 km per
uur. Selfs teen hierdie geweldig snelheid
neem dit ons sterrestelsel 200 miljoen jaar om één omwenteling te voltooi. En daar is meer as 'n biljoen sterrestelsels
soos ons s'n wat almal met 'n verstommende orde en doeltreffendheid
funksioneer. Tog ken God elke stêr by sy naam. Hóé verstommend GROOT is híérdie GOD wat
DIT alles gemaak het!
Here, ek loof U vir die wêreld wat U so wonderlik gemaak
het. Dankie dat U, wat só groot en heerlik is, mý ken en liefhet nog lank voordat ek
gebôre is!
God het die
aarde uit LIEFDE geskep en vir die mens 'n SPESIALE plek daarop gegee.
Koningsdogters- en
Seuns vir Jesus / Facebook