Showing posts with label #christian devotions. Show all posts
Showing posts with label #christian devotions. Show all posts

Monday, 23 October 2017

GOD HET ALLES GEMAAK








GOD HET ALLES GEMAAK
deur Nina Smit


Die see is Syne, Hy het dit gemaak, sy hande het die land gevorm.  Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer ... kom ons kniel voor die  HERE  ons  SKEPPER!   -  Ps. 95:5-6


God het álles gemaak:  die wêreld waarin jy woon, die sterrehemel, die mense en diere en plante en blomme.  Dié God wat jy aanbid is die Skeppergod.  Ook onderhou Hy sy skepping élke dag.


Om maar één voorbeeld te noem: ons sterrestelsel beweeg teen die ongelooflike spoed van meer as 780.000 km per uur.  Selfs teen hierdie geweldig snelheid neem dit ons sterrestelsel 200 miljoen jaar om één omwenteling te voltooi.  En daar is meer as 'n biljoen sterrestelsels soos ons s'n wat almal met 'n verstommende orde en doeltreffendheid funksioneer. Tog ken God elke stêr by sy naam.  Hóé verstommend  GROOT  is híérdie  GOD wat  DIT  alles gemaak het!


Here, ek loof U vir die wêreld wat U so wonderlik gemaak het.  Dankie dat U, wat só groot en heerlik is, mý ken en liefhet nog lank voordat ek gebôre is!


God het die aarde uit LIEFDE geskep en vir die mens 'n SPESIALE plek daarop gegee.


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook






GOD HET MY LIEF







GOD  HET  MY  LIEF!


Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en liefhet ... Moenie bang wees nie,  Ek is by jou.  -  Jes. 43:4-5


Wat 'n héérlike gedagte!  GÓD het my lief - nét soos ek is, net hier waar ek nóú is!  In my lewe was ek al op baie verskillende plekke, en het ek al baie dinge ervaar.  Nuwe ervarings sal my nog verder neem op my lewenspad.  Maar ek stres níé daaroor óf is bang daarvoor nie, want ek wéét *dít* wat ek nou ervaar stem ooreen met die geestelike vlak waar ek is, as kind van GOD.  Hóé *náder* ek aan Hom beweeg, hoe *méér* sien Hy na my om op élke gebied van my lewe.


Met HÓM aan my sy is ek ÁLTYD op die régte plek, 'n plek wat ek met familie, vriende en kollegas deel, 'n plek wat bydra tot my verdere geestelike groei.  Die kamer, woonstel of huis waarin ek woon, is vir my 'n áángename tuiste, omdat ek dit deel met  GOD wat in die begin van my lewe, toe ek gebôre is vir my gesê het: "EK en jy!"


HY  kyk na my deur Sy oë van Liefde, en vou my in Sy Ewige Liefde toe.  Hy fluister sag vir my dat hy tróts is op my, Sy kind, en ek kruip vertrouend onder Sy vlerke van beskerming in.


Gebed:  Dankie Vader God dat U my altyd lei deur u Gees na die regte plekke wat U vir my uitgekies het en my veilig hou in U arms.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


Friday, 13 October 2017

LEIDING







LEIDING


U, Here, laat my lamp helder skyn;  my God gee lig as dit donker is om my.  -  Ps. 18:29


In 'n stikdonker nag, wys die liggie op 'n kompas vir my watter kant Noord is, en lei my só op die regte pad.


As ék belangrike besluite moet neem, en nie presies weet wát om te doen nie, laat ek nie toe dat énige duisternis my oorval nie.  GÓD is die kompas in my hart, en Sý lig lei my op die regte pad!


En wanneer alles om my werklik nágdonker word, as ek voel ek word tótaal oorval deur al die eise en uitdagings van die lewe, dan weet ek nog *stééds* wáár ek hulp moet soek.  Ek word net stil, en die Liggie op die kompas in my hart, sal lig bring in my gedagtes, en met lig in my gedagtes sal ek gelei word met lig-gedagtes, deur GOD geïnspireer, op die regte weg vir my.


Met my gedagtes rustig en stil in die lig van my lamp wat helder skyn, met die leidende lig van die kompas in my hart - vir *wíé* sal ek dan nog bang wees?  Selfs wanneer dit donkernag-donker is om my, is daardie  LÍG nog steeds daar om my te lei en te rig, en ek weet, *dít* wat ek doen, is reg en dit is goed - vir my *én* vir my medemens.


Gebed:  Dankie  Ewige Nagigator, dat *Ú* my lamp  al hoe helderder laat skyn.  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook