Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou vertel van
groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. - Jer.
33:3
Wanneer jy My nodig het, onthou, Ek is altyd net hier
by jou. Geen droom is so groot, geen
behoefte so klein, dat Ek jou nie kan help om die regte oplossing te vind nie.
Werp ál jou bekommernisse en sorge op My, dra jou
drome en jou wense oor aan My, en Ek sal jou rig en lei op die weg wat vir jou
die beste is. Glo dit, geliefde, glo in
My en in die werke van My lig, My liefde
en krag in jou lewe. Dit wat Ek vir jou
in gedagte het sal geskied, en jy sal rus vind vir jou moeë soekende siel. Laat my toe om oor te neem, en weet Ek is in
beheer.
Roep My aan –
Ek sal antwoord. En moenie moedeloos
raak as My antwoord nie ooreenstem met dit wat jy verwag nie. Onthou net, omdat Ek jou lief het en jy vir
my baie kosbaar is, is My antwoord altyd vir jou hoogste heil en wat die heel
beste vir jou sal wees.
Geliefde, kom vat My Hand, Ek is hier by jou!
Gebed: Op U
Heer, vertrou ek – hou my hand styf vas!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment