Showing posts with label My Liefste Kind. Show all posts
Showing posts with label My Liefste Kind. Show all posts

Thursday, 21 January 2016

My Liefste Kind








My liefste kind,


My kind die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie...
Wie jou gemaak het bepaal wie jy is.. en dis EK – jou hemelse Vader
Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van 'n item...
En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop was met My lewe..
Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë.
Ek ken jou potensiaal.
Ek weet waartoe jy instaat is.
Ek ken die wenner binne in jou.
Ek ken jou mooi hart.
Ek ken jou sagte persoonlikheid.
Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk..
Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie,
maar Ek sê vir jou: Ek glo in jou!!
Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou gesig.
Ek wil jou weer laat glo jy kan.
Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys
Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms.
Bly altyd Glo...want dis Hemel op Aarde saam met  My.


Jou Hemelse Vader








Saturday, 19 April 2014





MY  LIEFSTE  KIND


Ek het jou by jou naam geroep;  jy is Myne!  -  Jes 43:1


My liefste kind, as jy maar weet hóé waardeer ek net nie jou toewyding en samewerking nie!  Jy is Mýne, Ek het jou op jou náám geroep, en jy het gehoor en geluister, en nóóit sal jy en al jou Ligvriende besef wát julle in hierdie oorgangstyd vir My, en ja, ook vir ons wêreld beteken nie!

Ek is *ín* jou, en jy is *ín* My.  Al sláág jy nie altyd daarin om My te vind nie.  Ek sal jou nóóit ooit faal nie.  Al is jou geloof in Mý nóg só klein, My geloof in jóú wankel nóóit nie, want ... Ek kén jou, en Ek het jóú, so baie lief!!

Besef jy hóé kosbaar jy wérklik is??   Daar is níémand wat hier waar jy nou woon en werk dít kan gee wat jý het om te gee nie!  Jy is uniek en daar is nie nog iemand soos jy nie!!  Ek is besig om déúr jou te werk, ál herken jy nie áltyd My werke nie.  Ek is besig om jou te lei, ál verstaan jy nie altyd My weë nie.

Soms raak jy só besig dat jy nie My fluistering hoor nie, en tóg, as jy My toelaat, spreek Ek deur jóú stem  -  en werk Ek deur jóú hande.  My liefste kind, Ek is hier – áltyd net hier, digby jou!  Onthou, jy is Mýne, nóú en vir ewig!


Gebed:  Roep my, Dierbaarste Heer, ek wíl en sál altyd antwoord!


~ Uit Daelikse Woord ~


Sunday, 17 November 2013

MY LIEFSTE KIND ........................... ♥




My liefste kind ............

Onthou, vir My is jy báie kosbaar.

Wandel in My lig,

en laat die hoekoms

en die waaroms in jou lewe

aan Mý oor.

Ek sorg vir jou!

Na gees, siel en liggaam genees Ek jou

en níks wat nié tot jou hoogste heil is

sal met jou gebeur nie.

In My krag kan jy

elke uitdaging in ‘n geleentheid omskep.

Wees sterk!

In Mý liefde kan jy

die omgee-mens wees

wat jy só graag wil wees.

Wees Liefde!

In Mý lig kan jy

andere met insig en begrip lei.

Wees Lig!

Geliefde, as jy maar net weet hóé

na-aan jou Ek wérklik is!

Kóm, vat My hand!




~ Uit Daelikse Woord ~