Thursday, 23 January 2014





BID  VIR  JOU  GELIEFDES


Here my God, vir altyd sal ek U loof!  - Ps. 30:13


In plaas daarvan om snags wakker te lê of bedags rond te loop van bekommernis oor my geliefdes wat in nood of siekte verkeer, wend ek my tot God, en plaas elkeen van hulle in Sy liefdevolle sorg.  Deur dit te doen, kom daar rus en vrede in my gemoed, want ek weet niks wat nie tot hulle heil is, kan staande bly voor God se lig, liefde en krag, aan die werk binne-in hulle en rondom hulle nie.

“Dierbaarste Here Jesus, dankie dat  ek nou elkeen só ná-aan my hart in U liefdevolle en troue sorg kan plaas.  Ú weet wat hulle nodig het, nog voordat ek vra, en in Ú alwysheid sal net dit wat reg en goed is vir hulle, op hul pad geplaas word.

Wees Ú die krag wat hul ophef en genees in hierdie tyd van siekte en nood, wees Ú die liefde wat vertroos en die seer minder seer maak, wanneer hul hart gebroke en hul oë vol trane is, en wees Ú die lig wanneer hulle verward is en nie meer herwaarts of derwaarts weet nie.  Wees Ú die helder lig wat hulle lei en beskerm waar hulle ookal mag wees, gaan of werk, sodat niks wat nie tot hul heil is nie, op hul weg mag kom nie.

Dankie dierbare Vader, vir die rus in my gemoed, wetend dat my geliefde nou veilig in U sorg is.”


Gebed:  In Ú sorg,  Heer, plaas ek nou my geliefde!


~ Uit Daelikse Woord ~







TEMPEL VAN GOD


Die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.  -  1 Kor. 3:17


Die tempel van God is heilig en dit is ek!   Wat ‘n grootse gedagte van Paulus – dit maak mens skoon bang!   Dit is waarom ons dit maar liewer heeltemal ignoreer – hoe kan ons, die mense van hierdie wêreld, nou heilig wees – en tog – Christus woon in ons!  Dus kán ons sê:

“Ek is die een krag en die een Teenwoordigheid wat oorgeneem het in hierdie liggaam, besig om dit te omskep in ‘n stralende Tempel van God, met Lig só helder in ons gedagtes, Liefde só innig en diep in my hart, met al die Krag wat my tot alles in staat stel tot my beskikking tot ek waarlik hierdie liggaam kan omskep in ‘n volwaardige tempel van God.”

Dankie, Heer, want dit is Ú wat my maak wat ek is in Ú heerlikheid, liefde en lig.   Hou net my hand elke dag stewig vas, sodat ek nie voor die geringste negatiwiteit wat onder my aandag kom, weer optree soos iemand in wie die Heilige Tempel nog toegerank is onder al die onkruid en dorings wat nie daar hoort nie!   Maak my tempel heilig, dierbare Heer!


Gebed:  Die Tempel van God is Heilig, en dit is ek!


~ Uit Daelikse Woord ~



Tuesday, 21 January 2014





~
(¯`´¯).*

`*.¸.* ´* My Liefste Prinses,¸¸.·´¯`

´¯*`
¸¸.·´¯`

Jesus sê vir jou jy moet vaste geloof hê ........................


En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.  -  Jak.  1:4



Soms wanneer dit voel asof jou hele lewe om jou in flarde lê, is al wat jou staande hou jou geloof.


Jou geloof is in God en in Sy almag, waarteen geen duisternis ooit staande kan bly nie.


Jou geloof is in God en Sy geregtigheid, wat sal toesien dat niks wat joune is van jou af weggeneem kan word nie.


Jou geloof is in God en Sy lewegewende krag wat enige ongesteldheid na liggaam of gees kan en sal genees.


Jou geloof is in God en Sy liefde wat altyd vir jou sa sê:  “Ek is hier”, hoe alleen en verlate jy ookal mag voel.


Jou geloof laat jou rus in God se ewige Vaderarms wat altyd onder jou is om jou te onderskraag.



✝ Ek glo in God en in Sy almag 







Monday, 20 January 2014





My Liefste Prinses,


Die Here sê vir jou vandag ..........


In die Here is julle lig.   Leef dan as mense van die lig.  -  Ef. 5:8


Elke dag is ‘n baie spesiale dag as jy dit maar net ‘n ligte aanraking gee.  Dis ‘n dag wat jy kan seën met die lig van van ons Hemelkoning – die ware lig wat skyn in die duisternis – wat misverstand, hartseer en onmin uit die weg ruim en mense inspireer om reg op te tree teenoor mekaar.

Met die lig wat in jou en om jou skyn, is daar vrede in jou gemoed.  Jou verstand is helder en jy lewer jou heel beste.  Jy sien net die  en mooi, positiewe en goeie in elke mens rondom jou en elke uitdaging raak.  In stilte seën jy alles waarvoor jy te staan kom, en oorhandig dit vol vertroue aan God vir lig en wysheid.

Jy gee die ligte aanraking van God se liefde, lewensvreugde en entoesiasme aan elkeen met wie jy in aanraking kom.  Elke oomblik van elke dag dra jy op aan die lig van God se liefde en sorg.  Die ligte aanraking bring lig in alles rondom jou.  Dit is ‘n wonderwerkende krag in en om jou, en laat jou leef soos dit ‘n prinses van ‘n Hemelkoning betaam om te leef.



Ek gee alles in my lewe ‘n ligte aanraking







My liefste Prinsie en Prinsessie,



Liewe Jesus sê vir jou vandag dat jy vir ander mense moet bid ......



Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink.  -  1 Tess. 1:2



As iemand wat baie naby aan jou, soos jou mamma, pappa, boetie of sussie of ouma en oupa, vir jou sou vra:  “Hoe lief het jy my?”  Wat sal jy doen?  Jy sal dalk sê: “Met my *HELE* hart!”

As dit dalk jou boetie, sussie of maatjie vir wie jy baie lief is, mag hy of sy dalk jou armpies wawyd oopmaak en vir jou ‘n stywe drukkie gee en sê,  “SO baie ... en nog baie, baie meer!”

Daar is baie ander maniere hoe jy met woorde en klein dingetjies wat jy doen jou liefde aan iemand anders kan wys. Vra vir mamma of pappa om vir jou te vertel van al die ander maniere hoe jy liefde kan wys en gee aan mense om jou.

Die heel belangrikste en opregste liefde wat daar is, is egter om te bid vir iemand vir wie jy baie lief is of omgee of sommer maar net vir mense om jou, ja ook vir die boemelaar met die stukkende klere op die winkel se stoep. Want dan doen jy die grootste liefdesdaad wat daar is, deur net met Koning Jesus daaroor te praat.  Daar is geen groter manier van liefde om aan iemand te wys hoe baie jy lief is vir hom of haar of omgee nie!

Bid enige tyd vir iemand vir wie jy lief is.  Wanneer hy of sy probleme het om in die nood is, maar ook wanneer jy jou blydskap wil deel met iemand.  Die beste “Iemand” is Jesus!  Wat ‘n groot voorreg is dit net nie!



✝  Ek is lief vir jou en sien Jesus se lig om jou skyn  




Sunday, 19 January 2014





GELOOF


Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê!” -  Mark.  11:22


Jesus het gesê ons moet geloof in God hê, en omdat gebede die boustene is van geloof, en ons geloof nou  so bitter nodig het, laat ons saam bid:

“Hemelse  Vader, ons glo in U!  Ons glo in die magtige werke van U lig, U liefde en U krag in ons en om ons.  Ons glo waar U in beheer is sal alles ten goede meewerk, daarom plaas ons nou alles wat ons aangaan in U bekwame Vaderhande.

Hemelse Vader, ons glo in U!  Maak ons oë oop sodat ons U werke kan sien in ons en om ons.  Maak ons harte oop, Heer, en vul dit met U troue liefde, sodat ons mildelik daarvan kan gee waar en wanneer nodig.  Maak ons sterk in die krag van U mag, Heer sodat ons vreesloos en met vaste tred kan voortgaan op ons pad van lig.

Hemelse Vader, hoe heerlik om so te kan glo.  Ons hoef net om ons te kyk om die wonder van U werke te sien, en te glo U is nog altyd daar – U is nog in beheer van ons elkeen se lewens.  Dankie, dankie, Dierbare Vader!”


Gebed:  In U Heer, glo ek met my hele hart en wese!


~ Uit Daelikse Woord ~








Ook ek sal groei ......................


Liefdevolle Hemelse Vader,
plant vandag in my hart die
klein saadjies van geloof:

geloof wat glo,
geloof wat vertrou,
geloof wat weet,

sodat ook ek in hierdie wete,
kan verwag, ontwikkel en groei.

Dankie kosbare Hemelse Vader,
vir die klein saadjies van geloof
wat ook nou in my
tot volle wasdom blom.


Vry na E.N. Forshey


~ Uit Daelikse Woord ~