Tuesday, 10 November 2015








Word wakker!


Jy sal dit sien en van vreugde straal.  -  Jes. 60:5


Hóé wonderlik is dit nie om in die oggend wakker te word met die besef dat énigiets moontlik is!  En hóé vol en ryk is my lewe nie as die besef weereens tot my deurdring dat ek ‘n gelíéfde kind van ‘n kosbare Hémelse Vader is, en dat Sý oorvloed daar is vir mý om te aanváár en vryelik te gebrúík soos ek dit nodig het.  ‘n Geskenk van ‘n liefdevolle Hemelvader!


Ek word wakker en verstóm my aan al die skóónheid wat daar om my is, om te geníét en te déél met andere rondom my.


Ek word wakker en luister na die melodieë van die lewe self om my – wind wat súís deur die blare, voëltjies wat vrólik tjirp en kinders wat uitgelátig lag, en ek sê dánkie vir álles só mooi en skoon om my.


Ek word wakker en ek kyk na pýn van gister – die pyn wat deur die nag maar nóg daar was ... Ek dráái dit toe in ‘n líg-papier, strík dit vas met my liéfde en sprinkel vánnag se traandruppels daaroor, en gee dit vertróúend oor aan die Héér van my hárt, want ek wéét Hý maak élke las *lig* en élke juk *sag*.


Ek word wakker tot die waarheid van my éwige bestaan in die *lig*, die *liefde* en *krag* van Gód onse Vader, en met ‘n liéd in my hart gaan ek die núwe dag tegemoet!


Gebed:  Ek word wakker én straal van *Jesus Vreugde*!




Daelikse Woord Aangepas


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







Droogte in Suid-Afrika









Here,


Ons land is droog

en ons diere vrek Heer,

wees ons asseblief

genadig en laat U

Hemelse sluise oop en

stort U wonderlike

genade uit die Hemel

aarde toe Here.

Ons pleit by U Here,

want ons dien 'n 

Lewende Almagtige Liefdevolle God!




E-kaart:  Koester ons Taal

Sunday, 8 November 2015

Hoe moeilik jou omstandighede ook al mag wees








Hoe moeilik jou 

omstandighede 

ook al mag wees,

daar is

Altyd Hoop

en 'n

Engel Naby.



Koester ons Taal



My hart is oop †









My hart is oop


Dit verseker Ek julle:  vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.  -  Matt. 25:40


Vándag gaan ek met ‘n óóp hart tegemoet, en ek laat die liefde van my Heer waarvan my hart só vol is, vryelik in en deur my vloei om élkeen wat mý pad mag kruis, te seën en op te hef.  Niémand is té gering om deur hiérdie grootse liefde geseën te word nie, en ek sê dankie uit die diépte van my hart uit vir hiérdie geleentheid om op hierdie manier óók my Heer te dien.


Maak my oë oop Heer, sodat ek kan síén wanneer iemand ‘n deernisvolle vriend nodig het – maak my óre oop, sodat ek die lyding in die stem en die woorde kan hoor van élkeen vir wie die las van die lewe nét té veel geword het.


Met Ú liefde in my hart en Ú lig in my denke, wil ek vandag Ligbring-liefdesblommetjies uitdeel aan wié U ookal op mý pad mag bring, en ek sê *dankie-dankie-dankie* want ek wéét - *in* Ú *lig* sal ek insig en begrip bring, in Ú *liefde* sal ek vertroos, en in Ú *krag* sal ek ‘n ander kan help om óp te staan en wéér te loop.  Dánkie, dierbare Vader!


Gebed:  Gebruik my soos Ú wil Heer, my hart is wawyd oop!



Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Gebed vir Trane Afdroog ...... ❤








Gebed vir Trane Afdroog ......




ONSE VADER,



U hou die Kosbare MENS

wat nou hier lees, STYF VAS.

Ek het jou TRANE gesien, sê die HERE.

Ek ken jou HARTSEER en pyn.

Jou SMART en verlange.

Daar was die kere dat jy

jouself AAN DIE SLAAP gehuil het.

TRANE het jou kos geword.

Maar Ek GRYP IN, sê die HERE.

Ekself sal jou trane AFDROOG.

Jy sal weer deur My BLOMTUIN stap

en sing en dans van VREUGDE.

Jy sal weet dat EK jou nie

in jou KRISISUUR verlaat het nie.

Jou grootste KRISIS,

word jou grootste GETUIENIS.

Ek sal jou ook GEBRUIK

om ander te TROOS in hulle SMART.

Jy sal altyd onthou dat

Ek jou trane AFGEDROOG het.

Dat Ek jou ROUKLERE uitgetrek het

en vir jou FEESKLERE aangetrek het.

Jy ervaar My asemrowende TROOS

en liefde ook nou terwyl jy hier lees.

Dankie JESUS.



Amen




~ Hansie Smit ~



  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Friday, 6 November 2015

Berge en riviere








Berge en Riviere


‘n Paartjie begrawe hul kleuter seun wat in ‘n fratsongeluk omgekom het. ‘n Pa skryf dat hy weens personeel besnoeiing binnekort werkloos gaan wees terwyl sy vrou swanger is. ‘n Ma sit sonder kos, elektrisiteit of heenkome na haar man hul verlaat het. ‘n Ander vrou wil selfmoord pleeg want sy “kan eenvoudig nie meer nie”. My hart ween vir die lot van die mense.

Vic Eliason skryf die volgende. “My pa is C. Eliason. Hy het die koorgedeelte in 1929 geskryf. Hy was sterwend in ‘n hospital in Minneapolis weens TB toe ‘n ouerige predikant daar opdaag om vir hom te bid. Die volgende dag het my pa se toestand begin verbeter en die dokters het erken dat ‘n wonderwerk gebeur gebeur het. Terwyl hy beter geword het, het hy ‘n advertensie in die Minneapolis Star Tribune gesien van ‘n konstruksie maatskappy en hul slagspreuk. Hy het die woorde van die slagspreuk verander na die koortjie :-



Got any rivers you think are uncrossable?

Got any mountains you can't tunnel through?

God specializes in things thought impossible 

He does the things others cannot do.



My broer, suster , vriend in Jesus, ek wil jou vandag verseker van God se liefde. Die Here het belowe dat Hy ons nie alleen sal laat, dat Hy ons nie sal begewe of verlaat (Hebreërs 13:5) Hy sal met ons wees, tot aan die einde van ons dae. Beteken dit dat ons nie teëspoed sal ervaar nie? NEE, Jakobus gee egter raad in hierdie verband: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.” (Jakobus 1:2-7 ANV)
Kom ons bid: Hemelse Vader, verander ons hartseer in vreugde sodat ons kan staande bly te midde van verdrukking. Laat ons uitroep soos Habakuk “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” Ek bid dit in Jesus naam - Amen



Johan Terblanche
Christ Alone Ministries



Wednesday, 4 November 2015

Geloofspad









Geloofspad


U sal my die pad van die lewe bekend maak.  -  Ps 16:11 OV


Hóé báie kere het ons nie al gewonder wát vorentoe in ons lewens op ons wag nie!  Ontdekkingsreisigers deur die eeue heen het nie net aanhou wonder nie, hulle het tóégegee aan hulle begeerte om meer te wete te kom.  En só het hulle nie net nuwe onbekende wêrelde ontdek nie – hulle het ook rykdomme gevind wat hul wildste drome oortref het.


Óns weet óók nie wat vorentoe op ons pad vir ons wag nie, en híérdie onkunde waarmee ons élke nuwe dag begin, maak ook van óns ontdekkingsreisigers!  Maar gelukkig is ons nié alleen nie, en daarvan is ons séker, en moedig gaan ons die onbekende, wat elke dag ons bied, binne.  Vól vertroue kan ons gaan waar ons nog nooit vóórheen was nie, want ons Héér gaan met elke tree wat ons gee, saam met ons!


God het alrééds voorsien in álles wat ons nodig mag hê vir die dag se reis, dáárom loop ons die pad van geloof met ons hand stýfvás in Sýne.


Die lewe is ‘n wónder wat wag om ontdék te word!  Laat ons dus vándag met núwe ywer ons geloofspad aandurf!


Gebed:  Die pad van my lewe is ‘n gelóófspad wat helder verlig is deur Gód se heerlikheid.  Ek hóéf nie één oomblik te vrees nie, want Hý is élke tree van die pad bý my!



~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~






  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com