Sunday, 3 January 2016

Ondersteun asb hierdie blog vir jong meisies




http://dagstukkiestienermeisies.blogspot.co.za/



Baie dankie,
Poppie Oosthuizen

Bekommernis






BEKOMMERNIS


Maar die Here antwoord haar:  "Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dankie, maar net een ding is nodig.  Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie"  -  Luk. 10:41-42.



Hemelse Vader

Ek bely dat ek 'n ongeneeslike kommerkous is.  Vergewe my dat daar nog so baie dinge is waaroor ek besorg en bekommerd is.  Help my om soos Maria die beste deel uit te kies, wat nooit van my af weggeneem kan word nie,  en my verhouding met U te versterk.  Leer my dan om elke bekommernis na U toe te bring en hulle daar by U te los met die seker wete dat U sal sorg.


Amen


~ Nina Smit ~





Dierbre Jesus Bediening / Facebook
Poppie Oosthuizen





Saturday, 2 January 2016

“Jy is te jonk om deur God gebruik te word” vs God *GEBRUIK* jongmense!









“Jy is te jonk om deur God gebruik te word”  vs  God  *GEBRUIK* jongmense!


Ons het so gewoond geraak dat dit gewoonlik die dominees, of pastore en baie ander ouer mense is wat al die werk vir die Here doen.  Jongmense (dalk dink jy ook so?)  moet eers bietjie ouer word voordat die Here hulle kan gebruik ...


In ‘n onlangse nuusblad van die Kinderevangeliste-Opleidingsinstituut word die WARE verhaal vertel van ‘n seuntjie in Graad 2 wat aan nege straatkinders die boodskap van hoop en verlossing vertel.  Dit doen hy terwyl sy twee sussies die evangelie met ‘n munisipale werker deel.  As meer jongmense  maar tog hulle hope energie op dié manier vir JESUS wil uitleef pleks van dit te mors op ‘RAVE PARTIES’ of voor die televisie, rekenaar of op hulle selfoon!  Dan sal ons wêreld mos sommer *BAIE* anders lyk!


Paulus sê vir Timoteus dat niemand op hom mag neersien omdat hy jonk is nie.  Inteendeel, hy word uitgedaag om ‘n voorbeeld te wees van hoe ‘n Christen behoort te leef.  Dis dieselfde Heilige Gees wat in *JÓÚ* woon wat in die dominee of pastoor woon.  As jy net gehoorsaam aan die Here sal wees, *KAN* en *WIL* die Here groot dinge *DEUR* jou doen.


Dink net, die Here wil *JOU* voorbeeld en *GETUIENIS* gebruik sodat daar ‘n verándering kan kom in die lewe van jou gesin en vriendekring.  Jou gebede kan lei tot ‘n herlewing in jou skool;  die uitreik wat jy organiseer, kan vir baie mense in nood Jesus se LIEFDE wys en *jou getuienis* kan lei tot iemand se redding!!!


1 Tim 4:12
Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges, ‘n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid.


Here, dankie dat ek nie hoef terug te staan omdat ek nog jonk is nie.  Ek is beskikbaar om deur U gebruik te word.




Johan Smith  :  Kuiertyd met JESUS






Ondersteun ook asb ons kinderblad




http://jesussekindertjies.blogspot.co.za/2016/01/kindergebed-vir-nuwejaar.html







Psalm 16 

By die Here is vreugde


1’n Gebed van Dawid.
Beskerm my, o God,
want ek kom na U toe
vir skuiling.
2Ek sê vir die Here:
“U is my Here!
Alle goeie dinge
kry ek van U alleen.”
3Die sogenaamde heiliges
in die land,
vervloek is elkeen
wat vreugde in hulle vind.
4Mag hulle
wat ander gode najaag
baie droefheid beleef.
Drankoffers van bloed
sal ek nie uitgiet nie,
of die name van hulle afgode
op my lippe neem nie.
5Here, U alleen is my erfenis,
my beker van seën.
U waarborg
my lotsbestemming.
6’n Pragtige plek
is vir my afgemeet.
Wat ek geërf het,
is vir my mooi!
7Ek prys die Here
wat my insig gee;
ook in die nag
is ek daarvan bewus.
8Die Here is altyd by my.
Ja, Hy is aan my regterhand;
daarom sal ek nie struikel nie.
9Hieroor is my hart vol vreugde.
Ek besing sy lof,
en woon in veiligheid.
10Want aan die doderyk
sal U my nie prysgee,
of toelaat dat u getroues
in die graf ontbind nie.
11U wys vir my die lewenspad;
in u teenwoordigheid
is vreugde,
en aan u regterhand
is daar blydskap vir altyd.


- Die Bybel  (Nuwe Lewende Vertaling)




'n God wat sorg








‘n God wat sorg


Lees Psalm 16


U leer my hoe om te lewe.  By U is daar oorvloedige blydskap.  Uit u hand kom net wat mooi is.  -  Ps 16:11


Ons is in die begin van hierdie splinternuwe jaar.  Maar wanneer ons die koerante oopmaak of die TV aanskakel, lyk die toekoms nie altyd so rooskleurig nie.  Veral dié vrou wat nog klein kinders (of kleinkinders) het, wonder dikwels hoe die wêreld sal lyk wanneer húlle eendag groot is.

As ‘n Christen kán jy egter die nuwe jaar vol vertroue tegemoetloop.  Jy hét mos ‘n God wat sorg, ‘n God wat die Bron is van alles wat jy het.  Jou geliefdes, jou huis, die brood in jou broodblik en die klere in jou kas – dit álles kom van God af.  En dié versorgende God belowe dat Hy die pad van dié nuwe jaar met jou saamloop.  Meer nog, dat Hy vooruit sal loop en jou sal dra deur die swaarkrytye.

Met só ‘n God by jou hoef jy nie bang te wees vir wat vir jou voorlê nie.  Want al gebeur wát ook, God is áltyd daar.  Hy sal jou leer hoe om te lewe.  By Hom is daar blydskap in oorvloed.  Daarom kan jy ook bly wees en juig oor die nuwe jaar wat voor jou lê.


Here, ek loof U vir u trou en bystand, veral in die jaar wat voorlê.  Leer my vanjaar hoe om as ‘n ware kind van God te lewe.  Amen


God sal in dié nuwe jaar elke dag by my wees en vir my sorg!



Nina Smit  :  Dagboek vir die vrou


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






Friday, 1 January 2016

Nuwejaars Gebed








Nuwejaars Gebed



Hemelse Vader,


Aan die begin van hierdie nuwe jaar wil ek U loof
vir u goedheid.
Dankie dat ek in U kan glo,
dat U my liefhet en elke dag vir my sorg.
Ek wil dankie sê dat ek ‘n vrou, ‘n ma en ‘n ouma is –
en vir elke kosbare vriend- en vriendin wat U in my lewe geplaas het.
Dankie dat daar 365 splinternuwe  dae op my wag waarin ek
die lewe kan geniet saam met die mense wat ek só liefhet!
Bewaar my van selfsugtigheid
sodat ek nie net met my eie dinge besig sal wees nie,
maar ook die nood van ander sal raaksien.
Gee vir my ‘n fyn aanvoeling
vir dié mense wat my nodig sal hê.
En, Here, as daar dalk vanjaar vir my swaarkrydae
voorlê, dánkie dat ek kan weet:
Ú is by my, Ú sal my daardeur lei en váshóú.
Gee vir my die krag om die élkedagse pligte
van vrouwees, ma, ouma en vriendin-wees
uit te voer ásóf ek dit vir Ú doen,
sodat ek in dié nuwe jaar
élke nuwe dag met vréúgde kan tegemoetgaan.


Amen





~ Nina Smit ~