Friday, 26 February 2016

Troos








TROOS


En mag ons Here Jesus Christus self ... julle harte vertroos.  -  2 Thess. 2:16, 17 (OV)


Soms gebeur dit dat ons voor uitdagings te staan kom – álléén.  Niemand kan ons regtig help nie – nie ons fámilie  OF  vríénde kan vir ons die antwoorde gee waarna ons soek nie – miskien weet hulle nie éérs van ons stukkende hart of bang gemoed nie.  Ons staan alleen met ons probleem.  Hóé wonderlik is dit dán om te weet dat daar ÉÉN Persoon is wat ons kan bystaan en gereed staan met ope arms om ons te help!


Daar is Één wat *presies* weet wat ons nodig het en dit dan ook onvoorwaardelik vir ons gee as ons Hom diep in ons hart nader.  En hierdie Een?  Ons Here Jesus Christus sélf!  Hy wat met ons is élke oomblik van élke dag – Hý kan en sál ons troos:  Die sagte aanraking van Iemand wat weet van ons pyn – die vriendelike drukkie van iemand wat weet ons voel *só* bitter alleen, die bemoedigende glimlag wat sonder woorde vir ons sê – “Ek staan by jou.”  Dít is *hóé* ons troos – deur ánder omgee-mense.


Hulle is dan *dáár* vir ons, en versterk deur hulle Ligbring-liefde, wat deur hulle van ons dierbare Heer af kom, kan ons wéér opstaan en loop, en die wenpaal van die lewe bereik.


Gebed:  Ú liefde, Heer, vertroos my. Dankie-dankie-dankie!




~ Uit Daelikse Woord ~

  Tieners en Jeug vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



Hoe kom ek oor die weg met mense?








HOE  KOM  EK  OOR  DIE  WEG  MET  MENSE?


Leef in vrede met mekaar.  Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense.  -  1 Thes. 5:13, 15


Hoe kom ek oor die weg met mense?  Hoe kom ek oor die weg met die mense wat die naaste aan my is, die mense wat ek vir die heel eerste keer ontmoet, die mense saam met wie ek werk, en met hulle wat dieselfde belangstellings as ek het?


Ons is dikwels bekommerd oor die toestand waarin ons land of die wêreld verkeer, ons is erg besorgd oor die optrede van groepe mense of van nasies en ons verlang na vrede in die wêreld, maar ons vind dit moeilik om oor die weg te kom met ons familie, met ons bure of met die man by die lessenaar langs ons.


Vrede begin in onsself.  Ons gebed vir wêreldvrede moet begin met ‘n gebed vir harmonie in ons eie gemoed en hart en lewe.  “Laat daar vrede op aarde wees en laat dit by my begin.”


As ons wat wandel in die lig – daar is miljoene van ons – sal toelaat dat vrede by ons begin, kan dit nie anders as om ‘n goeie uitwerking op die wêreld te hê nie.


Gebed:  Ek leef in vrede met die mense om my en doen my deel om vrede te bring in my land en ons wêreld.



~ Uit Daelikse Woord ~


  Vergifnis is ‘n Keuse / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



Thursday, 25 February 2016

Vry









VRY


Julle sal die waarheid ken die waarheid sal julle vry maak.  -  Joh. 8:32


As ons die waarheid ken, sal dit ons vry maak.  Wat is hierdie waarheid dan?


Die waarheid is dat ons kinders – seuns en dogters van ‘n hemelse Vader is, wat wandel op ‘n helderverligte pad, met ons drie diamante as ons wapenrusting.


Vry van vrese is ons, want die helder Lig van die Vader is soos ‘n beskermende skild om ons.


Vry van enige wrywing of kwade gevoelens is ons, want die allesomvouende Liefde van die Seun bring liefde waar haat is, vergifnis waar wrewel is, deernis en begrip waar onmin dreig, en ons is heerlik vry!


En voor die Krag van die Heilige Gees wat ook ons krag is, kan géén negatiwiteit of dreigende gevare staande bly nie.


Vry en bly in die heerlike wonder van ons drie diamante kan ons soos die Arend deur die wolke sweef.


Gebed:  Heerlik vry is ek in die waarheid!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


.

Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Wednesday, 24 February 2016

Ek sing!








EK  SING!


Loof die Here, o my siel!  -  Ps. 103:1  (OV)


VÁNDAG  is ek ‘n *wénner*, want niks wat nie van JÉSUS se Lig is kan staande bly voor die Alles-deurdringende Lig, Alles-omvouende Liefde, en Alles-oorkomende Krag van ons Alom-teenwoordige God en Vader van almal nie!


Jesus het gesê, “dis die Vader in My wat die werke doen.”  En – “alles wat Ek doen kan júlle ook doen,” want Hy het geweet die Vader *ín* Hom  is óók ín óns, en in sý Krag, kán ook ons!


Is dit nie genóég om oor te jubel en te juig nie?!  Is dit nie tyd dat ons Sý woorde aanvaar én die wonder daarvan *uitjubel* en sing nie?!  ‘n Lied sal in ons siél ontwaak, wat sal weerklink oor bérge en dále.  Dit sal ‘n lied van *líg* wees – élke noot hélder in die lig, strélend sag in die liefde en dáwerend luid in die krag van Vader God wat in ons hart woon!


En almal sal stil staan en *lúíster*, hul síél sal aangeraak word, die blydskap wat in ménseharte ontwaak, sal deur *níks* en *níémand* ooit weer uitgedoof kan word nie!  Almal sal saamsing tot eer en verheerliking van ‘n Almágtige God en Váder wat die aarde met sy éwige arms omhels.


Gebed:  Ek sing en die wêreld sing saam met my!




~ Daelikse Woord aangepas ~


  JESUS soetste soetste NAAM / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Monday, 22 February 2016

Jy is geliefd








JY  IS  GELIEFD


Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?  -  Eksodus 33:14 (Ou Vertaling)


Jy is *nóóit* alleen nie.  God is *áltyd* mét jou, dwarsdeur die dag is Hy met jou én in die aand is Hy óók met jou.  Of jy wakker is óf slaap, jy is áltyd in Sý sorgsame teenwoordigheid.


Ómdat God jou liefhet, kan jy *áltyd* geliefd voel.  Ómdat God jou liefhet, is jy ook in staat om *ánder* mense lief te hê.  Ómdat God jou liefhet, is jou hart vol vreugde en kan jy ‘n *lóflied* sing.


Ómdat jy ‘n *kind* van God is, ly jy géén geestelike gebrek nie en word jy nie vasgehou deur die verlede nie.  Jy kan rustig voortgaan op die pad wat vir jou bestem is deur God ons Vader, gevul met *Sý* versekering en met die seker wete dat jy elke oomblik besig is om te leer en te groei in Hom.


Ómdat God mét jou is, en omdat Hy *jóú* liefhet, is jy belángrik en nódig.  Jy is *úniek* en wónderlik. 


Ómdat God mét jou is, het jy báie om aan andere te gee.  Ómdat Hy jou *líéfhet*, is jy vandag geseënd en sal jy aanhoudend op verwagte én onverwagte maniere geseën word in die toekoms.


Gebed:  Ek is *nóóit* alleen nie.  God is áltyd *róndom* my!



~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~


  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Friday, 19 February 2016

Leun op My








LEUN  OP  MY 


Kom na My toe ... Ek sal julle rus gee.  -  Matt. 11:28


Die boodskap wat Ek vandag vir julle wil gee – wat julle in julle hart moet inbrand en as stok en staf moet gebruik, is, ‘Leun op My’, want as julle *dít* doen, sal Mý krag julle dra, My liéfde julle vertroos en My líg julle lei, élke oomblik van élke dag.


En as julle op Mý leun, as julle My liefde óók die liefde in júlle hart maak, is Ek in staat om ánder *déúr* julle seën?  Kyk óm julle, en seën jul medemens met *krág* wanneer hulle gebroke langs die pad sit;  met *líéfde* indien hulle éénsaam en van God en mens verlate voel, en met *líg* indien hulle die pad byster geraak het, tótaal verlore in die rigtinglose paaie van ‘n lewe sonder lig.  *Lig, liefde en krag*, die drie diamante wat Ek julle gegee het – *gebrúík* dit.  Wees ‘n *seën* in vandag se liefdelose lewe, en júlle sal geseënd wees!


Geliefde, *onthóú*, dis Ék en jý – dis die vréémdeling langs die pad, dis die sóékende siel.  Dis die verwárde mens.  Dis die getéísterde land en deurmekáár wêreld wat *jóú* gebede en hulp *só* bitter nodig het.  Jý kan!  Leun net op Mý.  My *líéfde* is genoeg vir jóú en álmal om jou!


Gebed:  Ek wil, Heer!  Ek leun nou op U!





~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com