Monday, 19 December 2016

Maria se Loflied ♡









Maria se loflied




46 Maria het geantwoord:  “Ek prys die Here.
47 Ek juig in God my Verlosser!
48 Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie,
en nou sal geslag na geslag my geseënd noem.
49 Want Hy, die magtige Een, het groot dinge vir my gedoen.
Heilig is sy Naam!
50 Sy ontferming strek van geslag tot geslag oor almal wat Hom eer.
51 Sy kragtige arm doen geweldige dinge!
Hy verstrooi die trotse en hooghartige mense!
52 Hy het prinse onttroon en nederiges verhef.
53 Hy het dié wat gebrek ly, met goeie dinge versadig,
en die rykes met leë hande weggestuur.
54 Hy het sy dienaar Israel gehelp!  Hy het nie sy belofte vergeet
om ontferming te bewys nie.
55 Want Hy het ons voorvaders beloof – vir Abraham en sy kinders –
om vir altyd goed te wees teenoor hulle.”
56 Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en toe is sy huis toe.


Lukas 1:46-56 Nuwe Lewende Vertaling


  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


Maria en Elisabet ♡










Maria en Elisabet


Kort nadat die engel, Gabriël, aan Maria verskyn het en haar meegedeel het dat sy swanger sal word en 'n seun sal hê, wat sy Jesus moet noem en dat Elisabet, haar familielid, ook swanger is op haar baie gevorderde ouderdom, het Maria haastig vertrek na die dorp waar Sagaria en Elisabet gewoon het. Sy is die huis in en het vir Elisabet gegroet. Met die geluid van Maria se groet, het die kindjie in Elisabet se skoot beweeg en Elisabet is met die Heilige Gees vervul.


 Sy het met 'n harde stem teenoor Maria uitgeroep: "Jy is bo alle ander vroue deur God geseën, en jou kind is geseënd. Wat 'n eer is dit dat die ma van my Here my besoek! Toe jy ingekom en my gegroet het, het my kindjie van vreugde beweeg die oomblik toe ek jou stem hoor! Jy is geseënd omdat jy vertrou het dat die Here sal doen wat Hy gesê het."


Uit Lukas 1



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!









Maria word besoek deur die engel, Gabriël







Maria word besoek deur die Engel Gabriël


Ongeveer vier eeue het verloop sedert die Hebreeuse Geskrifte voltooi is. In ’n stad genaamd Nasaret, in die noordelike streek Galilea, het ’n jong vrou, Maria, ’n uiters verbasende besoek ontvang. ’n Engel met die naam Gabriël het aan haar verskyn en vir haar gesê dat God sy werkende krag, sy heilige gees, gaan gebruik om haar geboorte te laat gee aan ’n seun, hoewel sy ’n maagd was. Hierdie seun sou die langbeloofde Koning word, die een wat vir ewig sou heers! Hierdie kind sou God se eie Seun wees, wie se lewe deur God oorgeplaas sou word van die hemel na die baarmoeder van Maria.


Maria het hierdie ontsagwekkende toewysing nederig aanvaar.



Hou jou oë gevestig op JESUS








Saturday, 10 December 2016

Jesus gebore in 'n stal om vir jou en my sondes te sterf aan 'n ruwe kruis.








Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.

Dit bly die grootste bewys van God se Liefde vir die mens; dat Hy Sy enigste Seun gestuur het om as mens uit ‘n maagd gebore te word en as mens op aarde te woon. Hier het Hy tussen gewone mense gewoon.

Hy weet hoe dit hier op aarde is, want Hy was ook hier. Hy verstaan valsheid, leuens, skinder, kwaadpraat, vernedering, rugstekery, onregverdigheid, pyn, liefde... Ten spyte hiervan, het God nie een oomblik gehuiwer om Sy enigste Seun hieraan bloot te stel nie.

Jesus het tussen hierdie mense kom leef en 'n boodskap van liefde en hoop deur middel van Sy lewe oorgebring. Hy het wonderwerke gedoen en gepreek deur gelykenisse. Uiteindelik het hul Hom aan ‘n kruis gehang om vir ons sondes te sterf, soos ‘n misdadiger, saam met misdadigers... aan die middelste kruis.

Onthou asseblief, Sy dood was nie onnodig nie. Sy bloed het elkeen van ons vrygekoop.

#GerhardFourie

Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook




Twaalfuur 1








TWAALFUUR 1


Toe ons kinders was, het ons ‘n speletjie gespeel nl. Wolf, Wolf, Hoe Laat Is Dit? Een van die maats het die wolf voorgestel en vooruit gestap met sy rug op die ander maats gekeer. Die ander kinders het dan agterna gekom en al roepende gevra: “Wolf, Wolf, hoe laat is dit? Dan het die Wolf ‘n tyd geskree: “Nege-uur!” So het die maats aanhou vra: “Wolf, Wolf, hoe laat is dit?” Die tyd het al nader na twaalfuur geskuif. Wanneer hy onverwags “twaalfuur” skreeu, het die wolf omgespring en die naaste een wat onbedag was, gevang. (Die laaste keer wat ek hierdie speletjie gespeel het, sal ek nie vergeet nie, want ek het my arm daardie dag gebreek / gekraak – dit net so voor ek Sub – A toe moes gaan.)
Iets soortgelyk glo ek, sal die koms van Jesus op die wolke vir Sy bruidsheiliges wees.

DIT SAL ONVERWAGS WEES

Sewe keer gebruik die Skrif die voorbeeld dat die Here Jesus sal kom soos ‘n dief in die nag. (Mat. 24:23; Luk. 12:39; 1 Thess. 5:2; 1 Thess. 5:4; 2 Pet. 3:10; Open. 3:3; Open. 15:16). Soos ‘n dief onverwags kan opdaag om in te breek, nét so sal die Here Jesus kom wanneer die aardbewoners dit die minste verwag. Die “nag” spreek van die nagtelike ure wanneer almal slaap en nie waaksaam is nie.

NIEMAND WEET WANNEER

As iemand meen dat hy ‘n datum het vir die koms van Jesus vir sy bruid, moet hy of sy net weer gaan kyk wat sê Mark. 13:32 – “Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.” God vertrou hierdie datum nie eens toe aan sy engele in die hemel nie. Moet dus nooit iemand glo wat met ‘n wilde bewering en berekening ‘n datum wil voorsien nie. Ons kan wel die seisoen waarneem (Mat. 24:32). Wat my betref het die seisoen lankal reg geskuif vir Sy koms.
Tragies om te besef dat terwyl die Bruidegom presies weet waar die bruid is, en wat haar toestand is; weet die bruid nie, waar die Bruidegom Hom bevind t.o.v. tydlyn en seisoen van koms nie.
  • Dis asof dit hulle nie raak as ek na sommige se lewens kyk.
  • Sommige het geen wederkoms verwagting.
  • Ander stel sy koms daar ver asof Hy nooit gaan terugkeer nie.
My grootste wens bo enigiets anders: Dat Jesus nóú moet kom!!! Dan is die wat gereed is en gevolglik weg is, verlos van alle ellende, boosheid en pestilensies wat hier op aarde is!!! “Sal dit dáár nie heerlik wees nie, want die Lam is altyd daar!!!“
Jy ook?

GEBED

Here Jesus, Bruidegom van my lewe, terwyl die wêreld opgaan in sinsgenot, smag ek na U en U spoedige koms vir U bruidsheiliges! Amen.


Pastoor Piet Smit


Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook