Saturday, 2 September 2017

LAAT DIE GEES JOU VERANDER







LAAT  DIE  GEES  JOU  VERANDER
deur Nina Smit
Lees:  2 Kor. 3:12-18


Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem.  Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.  Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.  -  2 Kor. 3:18


God openbaar Homself deur sy Woord, deur die skepping, deur sy Seun en deur sy kinders.  Elkeen van ons is na God se beeld geskep om sy verteenwoordigers op aarde te wees.  Deur die sonde is hierdie beeld egter vertroebel, daarom stuur God vir Jesus na die aarde om sy beeld in die mens te herstel.


Deur die Heilige Gees wat in ons woon, is ons in staat om elke dag meer en meer soos Jesus te word, om só te lewe dat ander Hóm sal sien wanneer hulle na ons kyk.  Die Heilige Gees verander ons dus só dat die beeld van Christus al meer gestalte in ons lewens kry, dat ons die heerlikheid van Christus weerspieël.


Sien mense die heerlikheid van Jesus wanneer hulle na jou kyk?


Heilige Gees, verander my sodat ek elke dag meer en meer soos Christus sal word.  Gee dat sy heerlikheid uit my sal straal sodat ander dit sal raaksien en God sal prys.  Amen


Deur die Heilige Gees wat in my woon,
word ek elke dag meer soos Jesus.


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus Bediening / Facebook



 


U was en is en sal vir ewig wees







1. HEILIG, HEILIG, HEILIG,
HERE GOD, ALMAGTIG -
HEERLIKHEID, AANBIDDING,
ERE WORD U AANGEBIED!
HEILIG, HEILIG, HEILIG,
LEFDERYK EN MAGTIG -
U, GOD DRIE-ENIG,
WY ONS TANS ONS LIED!



2. HEILIG, HEILIG, HEILIG,
SALIGES DAARBOWE
WERP VOOR U HUL GOUE KRONE,
VADER, SEUN EN GEES!
GERUBS BUIG EN SERAFS,
WAAR HUL U DAAR LOWE -
U WAS EN IS EN
SAL VIR EWIG WEES!



3. HEILIG, HEILIG, HEILIG,
HERE GOD ALMAGTIG -
AL U WERK IN HEMEL
EN OP AARDE SAL U EER!
HEILIG, HEILIG, HEILIG,
LIEFDERYK EN MAGTIG -
DRIE-ENIG' GOD,
AANBIDD'LIK' SKEPPINGSHEER.




Halleluja 005




Jy is MÝNE / Facebook





 


GOD MET MY







GOD  MÉT  MY


Want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.  -  Jos. 1:9


God is met my as Krág.  Sy lewenskrag pols in my hart en vloei deur my are, en my liggaam word daardeur genéés, hernú en verstérk.  Ek is lewenslustig en vól energie!


God is met my as Líéfde.  Sy liefde vúl my hart.  Dit vloei deur my en skep harmonie en vrede tussen my en almal én alles wat my lewe aangaan.  Wýer en wýer kring híérdie grootse liefde uit, tot seën van my geliefdes én tot seën van my wêreld.


God is met my as Líg.  Sy lig skyn hélder in my denke, en seën my brein met lig-gedagtes en die intelligensie om die lig-gedagtes te omskep in lig-idees wat ek kan toepas in my lewe, om so ook mý deel te doen om Sý Plan van Liefde en Lig vir die aarde te laat seëvier.


Met my Heer mét my is ek 'n wenner op élke gebied van my lewe - 'n wáre kind van die lig, só nodig op hierdie aarde vandag, waar die duisternis so hard probeer om die oorhand te kry ...


Dánkie, Heer van my hart, dat U áltyd so *mét* my is!


Gebed:  U en ek, Heer, tesame is ons 'n Wenspan!  Ek dank en loof U wonderlike Naam,  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


Friday, 1 September 2017

JESUS CHRISTUS







JESUS  CHRISTUS 


JESUS  het nóóit 'n tempel gebou nie, en tóg is daar vandag géén land waar mense *níé* aanbiddend voor Hom staan nie.
JESUS  het nóóit 'n boek geskryf nie, maar Sy wóórde, Sy dáde en gebéde, lees mense nou dwársoor die wêreld, in dúísende tale.
JESUS  het géén boedel nagelaat nie, en *tóg* is daar míljoene mense oor die wêreld, wat erfgenáme van Sý rykdom is.
JESUS  het mense *sónder* medisyne gesond gemaak, en níks vir sy dienste gevra nie.
JESUS  het nóóit 'n kollege of universiteit opgerig nie, maar ál die inrigtings, tesáme kan nie spog met *méér* studente as wat Hý het nie.
JESUS  het nóóit sielkunde bestudeer nie, maar het meer gebróke harte geheel as *ál* die sielkundiges van die wêreld.
Toe  JESUS  'n baba was, het Hy 'n kóning ontstel.
Toe  JESUS  'n kind was, het Hy teologiese doktore verstóm.
Toe  JESUS  'n man was, het Hy álmal om Hom verstom.  Hy het die natúúr getem.  Hy het op die gólwe van die see geloop asof dit 'n sýpaadjie was, en die storm stil gemaak.
JESUS  het siekes gesónd gemaak, dowes wéér laat hoor, blindes weer laat síén en dooies weer laat léwe.
Toe  JESUS  gekruisig is, het Hy úít die dood ópgestaan.
En *vándag* ken ons vir  JESUS  as ons Héér, ons Verlósser en ons Sáligmaker, en ons sê: "Dánkie-dánkie-dánkie dierbaarste Hemelse Vader!"


Dánkie  vir *Ú* LÍÉFDE - vir U Seun,  JESUS  CHRISTUS!!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook



(a) As u Daelikse Woord boodskappe per epos wil ontvang, stuur asb vir my u naam + van en eposadres per FB inboks.


(b) As u die boodskappe per Whatsapp wil ontvang, stuur vir my u naam + van en Whatsapp nommer per FB inboks, OF WhatsApp dit vir my na:  079 32 45 45 6.


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1442510069165361/?type=3&theater