Sunday, 18 October 2015

Sterf om te lewe








Sterf om te lewe


Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.  -  Galasiërs 2:19-20



Here Jesus,


Ek loof  U dat U bereid was om aan die kruis te sterf
sodat ek eendag vir altyd saam met U kan lewe. 
Dankie dat daar deur u wonde vir my genesing gekom het,
dat U gewillig was om die straf te dra
wat vir my vrede met God bewerkstellig het. 
Maar, Here, my eie ek is nog so springlewendig –
dit is vir my steeds nodig om aan myself te sterf,
om sáám met U gekruisig te word
sodat ek nie meer sal leef nie,
maar U in my sal lewe. 
Help my asseblief om dit reg te kry
en wys vir my watter dinge daar nog in my lewe oorgebly het
wat my verhinder om die ware lewe deelagtig te word.


Amen




Nina Smit :  Elke dag  ‘n vreugdepad



  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






Saturday, 17 October 2015

Vrede in my gemoed








Vréde in my gemoed


Die Gees wat ons ontvang het, is ... die Gees wat van God kom, en daardeur weet ons wat God ons uit genade geskenk het .  -  1 Kor 2:12.


As ons toelaat dat ons gedagtes vashaak aan een of ander probleem, raak ons gespanne en uit harmonie.  In ons poging om ons eie of ander mense se lewens te reël, kan ons vasgevang word in “as-net” gedagtes:  *As* omstandighede maar nét wil verander  ...  *As* alles maar net gebéúr soos beplan is .... *As* mense maar net wil doen wat óns wil hê hulle moet doen ... ensovoorts, ensovoorts.


Ons lewens *kán* egter hamonieus en rustig wees as ons gereeld ons diepste heiligdom van krag biddend nader, en vir Jésus Christus toelaat om *in* en *deur* ons te dínk en te dóén.  Sý diep innerlike vrede sal vrede bring ook in óns gemoed.


As énige probleem dus opduik, sal ons níé daaroor tob nie.  Ons sal ons ónmiddellik tot Hóm wend.  Ons sal ons harte óópmaak vir Sy líéfde, en vréde sal oorneem en ons gedágtes stil.


Gebed:  Dánkie dierbaarste Heer, vir  Ú vrede in my gemoed.  Nóú kan ek vólkome rustig raak, omdat ek wéét dat u in beheer van mý lewe is.




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~



  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Friday, 16 October 2015

Genesende krag








Genesende Krag


In die heiligdom diép in ons harte, woon Christus, ons innerlike Bron van krag en genesing.   Elke keer wanneer ons hiérdie heiligdom in ons stille gebed binnegaan, neem HÝ ons hand, en álle vrees en frustrasie verdwyn in die helder stroom van Sy liéfde en krág.  Géén selfbejammering of selfveroordeling kan ons meer aftakel nie, want die suiwer, stralende lewe van die nuutopgestane CHRISTUS vloei in en deur ons hele wese.


SY lewe herstel en onderskraag ons.  Dit suiwer ons gedagtes, stil ons emosies en heel ons liggame.  Ons dankbaarheid is oneindig groot sonder en sonder grense.  Nooit sal ons weer twyfel aan hierdie inherente, suiwer lewe waarin ons bestaan nie.  Ons is ÉÉN met die opgestane CHRISTUS, vandag en vir ewig!


Vir onsself en ons geliefdes gebruik ons met oortuiging die volgende bevestiging:  Die lewe van die opgestane Christus vloei *in* en *deur* ons.  Na ligaam, siel en gees word ons weer geheel en sterk gemaak.


Gebed:  Die lewe van die opgestane Christus vloei in en deur my om wonderwerke te verrig in my liggaam.




Uit Daelikse Woord


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Thursday, 15 October 2015

Krag en sterkte








KRAG EN STERKTE



Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U.  -  1 Kron. 29:11


Ons lewe is vol en ryk, en daar is vrede in ons gemoed, as ons diép in ons hart weet wie en wat ons is, en wat ons verpligtinge is.  Maar wie en wat is ons nou eintlik?  Ons is geliéfde kinders van ‘n liefdevolle Hémelse Vader, wat in staat daartoe is om *in* Sý krag wenners te wees in wát ons ookal mag doen!


Hiérdie wete gee ons die moed om énige situasie kalm en rustig tegemoet te gaan. Sý lig, liefde en krag is álles wat ons nodig het om ‘n sukses te maak van ons lewe, en om ons toekomsplanne deur te voer.


Met ons Héér aan ons sy is geen uitdaging vir ons te veeleisend of te groot nie – géén toekomsdroom te onbereikbaar nie.  Hy is ons krág en ons stérkte, Hy is die *lig* op ons pad, die wýsheid wat ons die régte besluite op die régte tyd laat neem – vir wié sal ons bang wees?


“Vir die wonder van Ú nabyheid, Heer, vir die wonder van Ú Heilige Gees binne-in my, hoe kan ek U óóit genoeg dank?  Laat my *in* U lewe, Heer, en U gróte majesteit reflekteer soos ‘n spieël na my wêreld en almal om my.”


Gebed:  In Ú krag Heer, is ook ék, nietige mensie hier op aarde, ook ‘n wenner!


Uit Daelikse Woord aangepas


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Sunday, 11 October 2015

'n Nuwe begin (2)







‘n Nuwe begin


Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap. - Ps. 90:14-15


In Psalm 90 peins Moses oor die feit dat mense verganklik en nietig is, maar dat God ewig is.  'n Mens is soos gras wat in die môre nog groen is wanneer dit afgsny word, maar teen die aand is dit verlep en verdroog.  Hierteenoor staan God in sy almag.  Vir Hom is duisend jaar soos ‘n enkele wagbeurt in die nag.  En hierdie almagtige God gee om vir elke klein, nietige mensekind.  Hy kom bied ons elke dag sy liefde in oorvloed aan, sodat ons ons lewe lank mag juig en bly wees oor só ‘n God. 


Ons lewe hier op aarde bestaan uit ‘n aaneenstrengeling van dae, elke nuwe dag is ‘n nuwe begin, ‘n geskenk uit God se hand.  Elke nuwe dag is vol unieke geleenthede, nuwe uitdagings en en nuwe eise.  Elke nuwe dag is God se kinders verseker van sy liefde en trou.  God gee ons ‘n nuwe kans ’n  kans om verkeerdhede reg te stel, om te werk aan ons verhoudings, om probleme die hoof te bied.


Elke nuwe dag kom bied God ons ook sy genade opnuut aan – en Hy belowe om ons sonde te vergewe as ons dit voor Hom bely. 


As alles om jou vandag donker gelyk het, mag jy moet skep.  Môre is ‘n nuwe dag.  Môre kan jy met God se krag weer nuut begin, en jou van voor af beroep op sy liefde en genade.  Wanneer dit saans donker word, mag jy seker weet dat die lig van ‘n nuwe dag weer ná die donker sal kom.  Daarom hoef jy nie moedeloos te word as dit vir jou vandag gevoel het asof God ver was nie.  Jy mag soos die psalmdigter bly glo dat Hy jou swaarkrydae sal vervang met jare van blydskap.  Daarom kan jy ten slotte saam met die psalmdigter bid: “Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe:  hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand” (Ps 90:17).



Nina Smit : As God fluister



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



'n Nuwe begin








Hemelse Vader,



Baie dankie vir die geskenk van ‘n nuwe dag.

Dankie vir die voorreg om seker te kan weet

u genade vir my is elke môre nuut.

Omdat ek U ken, is elke dag vir my ‘n nuwe begin,

‘n nuwe getuienis van u genade en liefde vir my.

Here, ek kom bely my sondigheid,

al die foute wat ek gemaak het in die dae wat verby is.

Dankie dat U elke keer bereid is om my sonde uit te wis en

die lewe vir my weer nuut te maak saam met die nuwe dag.

Gee vir my asseblief vandag u liefde in oorvloed, gee vir my

soveel blydskapjare as dié waarin ek swaargekry het.

Ek bid dat ek ook vandag u goedheid sal belewe,

dat U die werk van my hande in stand sal hou sodat alles wat

ek doen uiteindelik tot u eer en verheerliking sal wees.



Amen



Nina Smit : As God fluister


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God  die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



Saturday, 10 October 2015

Moed









MOED



Vertrou op die Here!  Wees sterk en hou goeie moed!  -  Ps. 27:14



Aan ons vermoëns in Christus is daar geen beperkings nie, en dit sluit moed óók in.  Wanneer álles seepglad en ordelik verloop in ons lewens, voel ons dis nie vir ons nodig om ons moed te vertoon nie.  Ons geloof en bydrae tot die ordelike verloop van ons lewe en belange, weerspieël egter ons moed.  Moed is ‘n kosbare gáwe van God aan  AL Sy kinders, nié net aan ‘n paar wat uitverkies is omdat hulle fisies sterk is nie.


Moed is om vás te staan in die waarheid dat Christus Jesus IN ons woon.  Moed kom vanuit ons diépste heiligdom van krag, en is ALTYD tot ons beskikking as ons deur moeilike omstandighede gaan en vir God daarvoor vra.


Moed gee ons die KRAG om die liéfdevolle, rústige mense te wees wat God ons geskép het om te wees.  Om wáre kinders van die lig te wees wat óngeag uiterlike omstandighede, stééds blymoedig voortgaan op ons pad van lig.


Moed maak dit vir ons moontlik om  *néé*  te sê vir negatiewe gedagtes, en  *já* vir die wáárheid wat ons vrý maak.  Wáre moed is *ín* ons, gerééd om te eniger tyd deur ons gebruik te word – ‘n  *baie* kosbare en spesiale gawe van God geskenk aan ons uit die liefde van sy vaderhart!



Gebed:  Ware moed is binne-in my!




~ Uit Daelikse Woord  Aangepas ~

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com