Wednesday, 28 September 2016

Wanneer jou vlerke af is ...








Hy sal jou dra, liewe vrou, wanneer jou vlerke af is, sonner dat jou voete klipperse raak. Sonder dat jy seerkry, sonder dat Hy ooit slaap. Hy’s mos nou da om jou op te pas… Totdat jy self weer sterk genoeg is om te vlieg en ander afvlerkies te dra…


Anzel Bezuidenhout
https://anzelmans.wordpress.com




Thursday, 18 August 2016

BOU BRÚE








BOU BRÚE


Toe sê Hy vir die verlamde man:  “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”  -  Luk. 5:24


Hierdie teks is maar een van véle wat getuig van die wonderwerkende krag van God, soos oor en oor deur Jesus bewys, en wat déúr Hom ook daar is vir óns.


Om dit te vind moet ons bid, want élke gebed is soos ‘n brug – ‘n brug van geloof wat ons bou oor elke dal van diepste duisternis.  Ons bid en ons gló in die dinge wat ons nie sien nie – ons gló in die wonderwérkende krag van God aan die werk al kán al kan ons dit nie sien nie, en Hý wat in die verborge werk, stel álles wat op die oog af verkeerd lyk, reg.


Ons bid en die brug van gebed waaroor ons loop bevry ons van álle pyn.  Dit vervang wréwel met vergífnis, háát met líéfde, en álles wat nie bydra tot ons sieleheil nie, álle kommer en sorge, verdwyn soos mís voor die son!


Hóé heerlik om so ‘n brug te kan bou oor ál die uitdagings van ons lewe – en hoe máklik!  Slegs één gebed is ál wat nodig is!


Gebed:  Ek bid en in Ú krag staan ek op, Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening /Facebook


Ek weet dat God ...






Ek weet dat God
niks in my lewe sal 
toelaat wat ek nie
kan hanteer nie.
Ek wens net soms dat
Hy my nie so baie
vertrou het nie.

  
~ Moeder Teresa ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook




 

Ek hou op om God se dagboek te probeer bestuur ...