Monday, 19 December 2016

Josef & Maria oppad na Bethlehem ♡










(Josef en Maria gaan na Bethlehem om ingeskryf te word.)


“Geboorte van Jesus Christus

1
EN in daardie dae het daar ’n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
2
Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.
3
En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
4
En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
5
om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.


Lukas 2: 1-5 – 1933/1953 Bybel Vertaling”


Maria word Josef se vrou ♡







Maria word Josef se vrou


Met al hierdie dinge in gedagte het Josef aan die slaap geraak.  Daarop verskyn ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie.  Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees.  Sy sal aan ‘n Seun geboorte gee, en jy moet Hom JESUS noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes red.”

Dit alles het bebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom:

“Die maagd sal swanger word!  Sy sal aan ‘n Seun geboorte gee.  En die mense sal Hom Immanuel noem.”  (Hierdie naam beteken:  God is by ons.)

Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het.  Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem, maar hy het nie intiem met haar verkeer totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem.


Matteus 1:20-24  (Nuwe Lewende Vertaling)



 Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




.
 


Maria vertel vir Josef van haar swangerskap. ♡







Maria vertel vir Josef van haar swangerskap.  
 

• Maria is swanger maar nog nie getroud nie ...
(Matteus 1:18-25, Lukas 1:56)
• Josef hoor dat Maria swanger is
 

Maria is in die 4de maand van haar swangerskap. Sy het die vroeë gedeelte van haar swangerskap spandeer by haar familie, Elisabet en Sagaria, in die heuwels van Judea in die Suide. Maar nou het Maria teruggekeer na Nasaret. Hier sal haar swangerskap gou algemene kennis word. Stel jou net voor hoe stresvol die situasie vir haar moet wees!
 
En wat dinge nog erger maak is dat Maria verloof is aan ‘n plaaslike skrynwerker, Josef. En sy weet dat ooreenstemmend met God se Wette vir Israel, ‘n vrou wat verloof is aan een man maar binne haar wil ‘n seksuele verhouding het met ‘n ander man gestenig moet word tot die dood. (Deut. 22:23, 24). Gevolglik, al was Maria nie immoreel nie, wonder sy *hóé* sy haar swangerskap aan Josef kan verduidelik en wat dan gaan gebeur.
 
Maria was weg vir drie maande, en dit dit is te verstane dat hy angstig is om haar te sien. Toe hulle ontmoet vertel Maria hom van haar situasie en probeer haar bes om aan hom te verduidelik dat haar swangerskap uit God se Heilige Gees is. Jy kan jou tóg voorstel, hóé moeilik dit vir Josef moes wees om dit te verstaan en te glo.
 
Josef wéét dat Maria ‘n goeie vrou is met ‘n edel reputasie en hy het haar ínnig lief. Tog, nieteenstaande wat sy sê, voel Josef dat sy alleenlik swanger kon raak by ‘n ander man. Hy wil nie hê dat sy gestenig moet word tot die dood of verneder moet word voor almal nie; daarom besluit hy in sy gedagte om in die geheim van haar te skei. In daardie dae, is verloofdes beskou as getroud en ‘n egskeiding was nodig om so ‘n verhouding te beëindig ...


Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!






Maria se Loflied ♡









Maria se loflied




46 Maria het geantwoord:  “Ek prys die Here.
47 Ek juig in God my Verlosser!
48 Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie,
en nou sal geslag na geslag my geseënd noem.
49 Want Hy, die magtige Een, het groot dinge vir my gedoen.
Heilig is sy Naam!
50 Sy ontferming strek van geslag tot geslag oor almal wat Hom eer.
51 Sy kragtige arm doen geweldige dinge!
Hy verstrooi die trotse en hooghartige mense!
52 Hy het prinse onttroon en nederiges verhef.
53 Hy het dié wat gebrek ly, met goeie dinge versadig,
en die rykes met leë hande weggestuur.
54 Hy het sy dienaar Israel gehelp!  Hy het nie sy belofte vergeet
om ontferming te bewys nie.
55 Want Hy het ons voorvaders beloof – vir Abraham en sy kinders –
om vir altyd goed te wees teenoor hulle.”
56 Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en toe is sy huis toe.


Lukas 1:46-56 Nuwe Lewende Vertaling


  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!