EEN MET GOD
Die Here is naby almal wat Hom aanroep. - Ps.
145:18
Is daar een mens wat nie daarna smag om altyd na-aan
God te voel nie – altyd veilig gekoester in Sy liefde en lig nie? Die waarheid is dat ons nooit geskei is van
hierdie hemelse Teenwoordigheid nie. As
ons alleen, bevrees en verlate voel, is dit maar net ons wat self die muur
tussen ons en die Heer van ons hart gebou het.
En hoe maklik is dit nie om hierdie muur af te breek
nie! Hoe maklik is dit nie om stil, in
gebed, ons diepste heiligdom binne te gaan en Hom daar te vind nie .... “Heer
van my hart, U liefde maak my hart tot oorlopens toe vol – ek weet dit, ek voel
dit, en my siel sing van vreugde oor die grootse wonder van U teenwoordigheid
wat my so sag en liefderik toevou en omvou.
U ken my verlangens, my drome en my behoeftes. Ek plaas alles nou in U bekwame hande, en in
stilte luister ek sodat ek kan weet wat U wonderlike wil vir my is. In my tye van gebed beweeg ek elke dag al hoe
nader aan U, o Heer. Hoe heerlik om so
een te word met U lig, U liefde en krag!
Dankie, dierbare Hemelvader!”
Gebed: Dankie
Heer, dat U altyd so na aan my is!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment