Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons
hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. -
Hebr. 11:1
Soos die lug wat altyd daar is, deur ons ingeasem word, maar wat ons nie
kan sien nie – soos die lewenskrag wat klop in ons hart en vloei in ons are, maar
wat ons nie kan sien nie, so is die alomteenwoordigheid van God waarin ons
lewe, beweeg en bestaan, en nie kan sien nie!
Hy is daar – Hy is oraloor, in ons en om ons en in sy wêreld. As ons dit glo, sal die oorvloed waarmee Hy
hierdie aarde seën, ook daar wees vir ons.
En as dit voel asof iets wat ons graag sou wou besit of ervaar nie aan
ons gegun word nie, moet ons net dink aan die wonder van sy lewe altyd aan die
werk tot ons hoogste heil, en ons siel sal begin sing voor hierdie grootse
waarheid. Ons sal die Here loof en dank
vir die oorvloed waarmee Hy ons daagliks seën.
Ons sal in harmonie kom met sy lewenskrag – gebruik maak van sy lig in
ons en om ons, en sonder die geringste vrees of kommer voortgaan, want ons glo,
God is daar!
Gebed: Ek is in harmonie met Gods
lewenskrag – altyd daar!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment