“Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het
in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.” – Mark. 12:44
In elkeen se lewe kom daar tye wanneer ons ’n innige
behoefte om te gee, ondervind. Miskien is dit ’n geskenkie vir ’n vriend;
miskien is dit vir ons kerk of een of ander saak waarin ons aktief belangstel. Maar, soms het ons so min om aan te bied.
Tesame met die begeerte om te gee, kom daar ook die gawe om tot seën
te wees. Hoe duur of hoe groot die geskenk
of bydrae is, is nie van belang nie. Wat wel van belang is, is die hoeveelheid
liefde waarmee ons dit gee.
Wat ons ook al met ander deel, as dit in liefde gegee en gedeel word,
sal dit die waarde van die “goud, mirre
en wierook” wat die drie Wyse Manne uit die Ooste aan Jesus se voete gelê het,
aanneem.
As ons die drang om te gee ondervind, moet ons dit nooit onderdruk
nie. Op die een of ander wonderlike manier vloei die stroom van mededeel-saamheid
altyd in twee rigtings. Dit oorspoel beide die gewer
en die ontvanger met seënige wat gewoonlik ver verby die materiële
waarde van die gawe strek. Die grootmoedige drang van ’n liefdevolle hart het ’n
wonderlike krag om dinge te vermeningvuldig.
Gebed: Ek gee in liefde en my gawe is geseënd.
~ Uit Daelikse
Woord ~
✉
: Koningsdogters vir Jesus Page @
Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige , alleen die eer! ♡†♡
.
No comments:
Post a Comment