VERWAG DIE GOEIE
Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy
dié wat Hom soek, beloon. - Hebr. 11:6
Geloof is van die úíterste belang wanneer ons bid –
geloof dat God wél bestaan, dat Hy ons gebede hoor én daarop sal reageer. Die antwoord op ons gebed mag egter ongesiens
by ons verbygaan, as ons níé oplettend is én die goeie verwag nie!
Ons bid en wag in geloof op ‘n antwoord. Hierdie houding maak van ons ‘n óóp kanaal
waardeur God Sy seëninge op ons kan uitstort.
Ons mag miskien verwag dat ons gebed op ‘n sekere
manier beantwoord moet word ... Dan moet
ons égter onthou dat God wéét wát vir ons, sý kinders, die heelbéste is, en op
Sy éie wonderlike manier, op die régte tyd, sál Hy ons gebed beantwoord! ‘n Antwoord wat tot ons hóógste heil sal wees, want Hy kén ons, en wéét wat
ons nodig het.
Met gelóóf as ons inspirasie, vás vertrouend op Sy
liefde en wysheid in alles wat ons aangaan, is ons gereed om die góéie wat Hy
aan ons gee, te ontvang. Ons gedágtes,
ons wóórde en ons dáde wys álmal dat ons gereed is om ons seëninge uit Gods
Vaderhart van Liefde te ontvang en te geniet.
Gebed: Ek bid
en maak my gerééd om Gods genadegawe te ontvang – dankie dierbare Vader!
~ Uit Daelikse Woord ~
✉
: Koningsdogters vir Jesus Page @
Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
1 comment:
تسليك المجاري بالخرج
شركة عزل اسطح بالرياض
شركة تنظيف شقق بالخرج
شركة تنظيف بالخرج
شركة تنظيف منازل بالخرج
شركة غسيل سجاد بالرياض
شركة مكافحة بق الفراش بالرياض
شركة مكافحة حشرات بالخرج
شركة نقل عفش بالخرج
شركة نقل اثاث بالخرج
شركة تنظيف خزانات
Post a Comment