GENADE
En nou ... dra ek julle op aan God en aan die woord
van sy genade. - Hand. 20:32 (OV)
Soms mag ek al die waarhede wat ek ken met my hele
hart en siel nastreef en toepas in my lewe, en tog voel dit of ek steeds teen ‘n
muur vasloop. Selfs my beste pogings lyk
of dit geen effek het nie. En dan, skíélik,
gebeur daar ‘n wónderwerk! My gebede
word beantwoord – beslis nie deur mý eie toedoen nie, want kyk hoe moedeloos en
negatief het ek geraak ... Dís wanneer
die genade van God in werking tree!
Hierdie genade van ons hemelse Vader is té diep en té
groots en onbeskryflik vir ons ou menslike verstandjies om te verstaan, want
dit is vêr verhewe bo álle menslike idees van reg en billikheid. In Sý liefde en genade, het God Sý seëninge op my uitgestort. Vrylik gee Hy, en met díépe dankbaarheid
ontvang ek.
Gods genade is daar, óók vir my, of ek nou voel ek het
dit verdien of nie. Ongeag my eie
oordeel oor wat reg is, werk Sý wonderwerkende genade ín my, déúr my en óm my,
en hoe ryklik geseënd is ek net nie!
Gebed: Dankie
Here, vir U wonderwerkende genade wat áltyddeur aan die werk is in my lewe.
~ Uit Daelikse
Woord ~
✉
: Koningsdogters vir Jesus Page @
Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
No comments:
Post a Comment