Versoening is nodig
Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar
die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons
sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy
liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. - 1
Joh. 4:10 en 11
Here Jesus,
Báie dankie dat U vrede kom maak het tussen God en my,
dat mý sondes nou
vergewe kan word
omdat Ú aan die kruis daarvoor betaal het.
Here, ons het U versoening só nodig in hierdie land.
Maak ons gewillig om
vir mekaar ruimte te maak
en wérklik oor
kleurgrense heen met mekaar
versoen te raak.
Here, help my om na
ander mense te kyk déúr u kruis,
en te weet dat U élke mens só liefhet dat U gewillig was
om ú lewe vir ons
prys te gee.
Maak my asseblief
gewillig om die strydbyle
van die verléde te
begrawe en ander mense op díéselfde
manier lief te hê en
te vergewe soos
wat Ú met
my gedoen het.
Amen
Nina Smit
: Liefde maak alles anders
(effe
aangepas)
✉
: Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
No comments:
Post a Comment