Sunday, 13 December 2015

*DEUR* die kruis van Jesus








*DEUR* die kruis van Jesus



Hemelse Vader,


Ek wil U lóóf dat U gewillig was
om ú Seun na die wêreld te stuur
om hier aan ‘n kruis te sterf
sodat die prys van mý sonde
eens en vir altyd betaal kon word.
Báie dankie dat ek nooit ‘n tweede keer
vir my sonde hoef te betaal nie
omdat  Jesus dit rééds
in mý plek gedoen het.
Ek kan maar net na die kruis kyk
as ek *Ú* liefde vir mý wil sien ...
Help my asseblief om van nóú af
ook na álle ander mense
*DEUR*  die kruis van Jesus te kyk
sodat ek áltyd sal onthou dat U
élkeen van hulle presies nét so lief het
soos wat U vir mý het.
Maak my áltyd bereid om Ú liefde vir my
by die krúís van Jesus nóg beter te leer ken.
En maak my gewillig om
ánder mense te vergewe soos
U mý vergewe het.


Amen




Nina Smit : ‘n Lied van vreugde (Aangepas)



  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: