TROOS
Die
Gees van die waarheid … julle ken Hom, omdat Hy by julle bly. - Joh.
14:17
Soms mag twyfel, verwarring
en selfs wanhoop, my totáál oorweldig.
Maar deur ál hierdie ellendes heen is daar altyd één ding wat soos ‘n
paal bo water bly staan, en dit is die feit dat die wónderlikste Trooster van álle
troosters, áltyd bý my is – trouens Hy woon binne-in my!
Hóé groot is hierdie wonder
net nie! Hóé gróót die seën! Nóóit ooit
is ek alleen nie. Só ná-aan my is Hy dat
ek maar net my hand hoef uit te steek om in ál Sy liefde en krag toegevou te
word.
Die tye van wanhoop wat my
soms tref, is ook die tye wánneer ek hierdie Teenwoordigheid die heel meeste
waardeer. Sy liefde is soos hélende balsam
vir my gebróke hart; Sý krag hef my op
en maak dit vir my moontlik om wéér normal aan te gaan met my lewe. In my uur van nood, leer hierdie gróótse
Trooster my meer omtrent die liefde van God vir my, Sý kind.
Ook wanneer dit goed gaan met
my, onthóú ek om daagliks te handel en wandel in die krág van die Héílige Gees.
Gebed: Dankie dat Ú Heilige Gees my vertroos en
ophef.
~
Uit Daelikse Woord ~
Trane
in God se Fles / Facebook