Showing posts with label GLIMLAG. Show all posts
Showing posts with label GLIMLAG. Show all posts

Monday, 4 April 2016

GLIMLAG







GLIMLAG


Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.  -  Job. 29:24 (OV)


‘n Glimlag is ‘n geskenk van liefde uit God se hart, óf dit nou vir ‘n vreemdeling, ‘n vriend of ‘n geliefde is.  Dit dra boodskappe van liefde, van aanmoediging en vriendelikheid oor.  ‘n Glimlag is ‘n stil geskenk van begrip, deernis en goedgesindheid.  Tot ‘n hondjie kan agterkom wanneer sy baas glimlag of bly lyk en hy reageer met die swaai van sy stert.


Ons glimlag is ‘n welkome geskenk wat ons gee wanneer ons miskien in ‘n lang tou moet staan en wag, wanneer ons luister  of met ander mense praat.  Al weet ons dit nie altyd nie, ons glimlag kan spanning breek, mense se laste, hartseer en terneergedruktheid verlig en is boodskappers van Gods liefde uit Sy hart uit na ons s’n toe.


Ons glimlag is soos ‘n omhelsing wat andere teer in liefde toevou en versorg.  Daar gaan nie ‘n dag om sonder tálle geleenthede om andere te seën en vertroetel met ons glimlag nie.  Mense het al so gewoond daaraan geraak dat mense nie meer glimlag nie, dat hulle dalk stomverbaas sal wees en nie met ‘n glimlag terug reageer nie.  Maar volgende keer is hy of sy dalk die een wat weer eerste glimlag met ‘n hartseer vreemdeling.  Die seëninge wat ons so skep vorm wye sirkels, soos wanneer mens ‘n klippie in ‘n waterpoel gooi.


Ons glimlag is ‘n vrygewige gawe van God – moet dit nooit terughou nie!


Gebed:  Dankie Here, dat U vir ons die gawe gegee het om te kan glimlag en U liefde so te oordra, selfs na stuurs of onvriendelike mense toe en so met hierdie kettinreaksie  ook hulle harte te kan verander.



~ Uit Daelikse Woord ~



  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Daelikse Woord Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Saturday, 24 January 2015

Glimlag






Die vrolike hart het gedurigdeur fees.  -  Spreuke 15:15 OV


Ons sê, oog omhoog en hand aan hand gaan ons blymoedig voort van dag tot geseënde dag – ons hou sommer gedurigdeur fees!  Maar wat van al die ander mense om ons?  Ons kan tog nie alleen fees vier nie?  Dan moet ons hulle ook opgeruimd en vrolik maak.  Hoe?  vra u miskien.  Daar is niks wat menseharte so aanraak as ‘n vriendelike glimlag nie.  Kom ons glimlag dan vandag!

Ons stralende glimlag wat in ons oë gesien word en ons hele gelaat ophelder,  *DÍT*  is die soort glimlag wat andere aanraak tot hulle nie anders kan as om saam met ons te glimlag nie.

Hoe gaan die deure tot vriendskap en liefde nie oop voor hierdie soort glimlag nie!  Hoe aangenaam die dag, want, in die woorde van ‘n digter, my hart glimlag glimlaggies vandag!  En hoe waar is dit nie -  die opregte glimlag wat liefde en vrede oordra, word gebore in die hart.  In ons hart weet ons dat God met ons is – en omdat ons dit weet, het ons hart alle rede om te glimlag, en het ons alle rede om vir die lewe te glimlag!


Gebed:  My hart glimlag glimlaggies vandag!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!

*Poppie Oosthuizen*

Friday, 17 February 2012





GLIMLAG


Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.  – Job 29:24


‘n Glimlag is ‘n geskenk van liefde, of dit nou vir ‘n vreemdeling, ‘n vriend of ‘n geliefde is.  Dit dra boodskappe van liefde, van aanmoediging en vriendelikheid oor.  ‘n Glimlag is ‘n stil geskenk van begrip, deernis en goedgesindheid.

Ons glimlag is ‘n welkom geskenk wat ons gee wanneer ons miskien in ‘n lang tou moet staan en wag, bestuur of wanneer ons luister en met andere praat.  Al weet ons dit nie altyd nie, ons glimlag kan spanning breek, laste verlig en is boodskappers van Gods liefde in ons harte.

Ons glimlag is soos ‘n omhelsing wat andere toevou in liefde en tere sorg.  Daar gaan nie ‘n dag om sonder talle geleenthede om andere te seën met ons glimlag nie.  Vryelik deel ons dit uit aan vriend en vreemdeling, en die seëninge wat ons so ontketen vir hulle en vir ons, ken geen perke nie.

Ons glimlag is ‘n geskenk van liefde.


Gebed:  My glimlag is ‘n geskenk van liefde. Help my om dit vandag goed te gebruik Heer.


~ Daelikse Woord ~




Wednesday, 28 December 2011





GLIMLAG!


Blydskap laat ‘n mens se gesig straal … die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees.  - Spr. 15:13, 15


‘n Glimlag weerspieël die gedagtes wat ek dink.  Dit is ook baie maklik om te glimlag.  Hulle wat weet, sê ‘n mens gebruik baie minder spiere om te glimlag as om te frons!

Dit maak nie saak wat die dag vir my bring nie, ‘n glimlag kan dit beter maak.  En om alles te kroon – ‘n glimlag is aansteeklik!  As ek glimlag, glimlag andere ook vir my.

Al lyk die dag vir my na een groot deurmekaarspul, dit is nie nodig om dit sommer net so te aanvaar nie.  Ek kan alles verander met ‘n glimlag.  Die glimlag self sal nie die omstandighede enigsins verander nie, maar dit sê vir almal wat ek teëkom dat God nog in beheer van Sy wêreld is, en dat Hy ook hier besig is om te sorg dat alles ordelik en reg verloop.

‘n Opregte glimlag, wat ook in my oë sigbaar is, is die maklikste manier om my liefde en vriendelikheid aan andere en aan ons wêreld oor te dra.


Gebed:  My glimlag weerspieël die liefde in my hart.


~ Uit Daelikse Woord ~