TRANE
DIE OPENBARING 21:4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal
daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die
dinge van vroeër het verbygegaan.”
God sien jou trane. Soos enige
liefdevolle ouer is dit nie vir Hom lekker om te sien hoe swaar jy kry
nie. Hy wil jou vandag troos. Hy wil weer daardie
pragtige glimlag van jou sien.
Kom sit hier by Sy voete en praat jou hart
uit. Al is Hy ‘n alwetende God, wil Hy steeds hoor dat jy Hom
vertrou deur in afhanklikheid jou hart teenoor Hom uitstort. Wanneer
hartseer gedeel word, halveer dit. Die las word ligter en jy kry
perspektief op die aangeleentheid.
Droog nou jou trane af en kyk die lewe in die
oë. Jy kan aangaan, want God gee jou die krag om voort te
gaan. En as die hartseer jou weer pak,...dis in orde. Kom
huil maar weer ‘n bietjie by Hom.
Trane was die gemoed, dit suiwer die siel.
#GerhardFourie
#MyVriend
#WWJDdagstukkie
Geplaas deur:
https://www.facebook.com/309808389162337/photos/a.310507495759093.1073741827.309808389162337/1231534853656348/?type=3&theater
No comments:
Post a Comment