WORD
SIGBAAR
Elkeen se werk sal aan die lig kom. - 1
Kor. 3:13
'n Kindjie het na sy moeder gekom met vier verlépte blommetjies in sy modder besmeerde handjies. Sónder woorde het hy gesê, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as *LIEFDE*."
'n Tiener het 'n afspraak vir 'n werk gemaak. Wat sy gesê het was, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as *LEIDING en
WYSHEID*."
'n Afgetrede egpaar het gewonder hóé hulle van hul tyd en energie kon gee om ánder te help. Toe het
hulle op 'n *blink gedagte* gekom om in te staan as *oupas en oumas* vir die
oupas en oumas, wat vêr weg van hul kleinkindertjies wat in hospitale opgeneem
is, gewoon het. Híérdie egpaar het eintlik gesê, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as *DEERNIS
en BLYDSKAP*."
En óns?
Wát kan óns sê? Ons kan die vensters van ons harte wawyd
oopmaak deur *diensbaarheid* en vir Hom sê: "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as *LIG, as LIEFDE, en alles wat MOOI
en EDEL en REIN* is."
Gebed: *HÍÉR* is ek, HERE, ek
maak myself DIENSBAAR vir *Ú* en
Ú werk, *GEBRUIK*
my en word deur my
*SIGBAAR*. Amen
~ Uit Daelikse Woord ~
Mamma / Mummy / Facebook
No comments:
Post a Comment