Showing posts with label #Glo. Show all posts
Showing posts with label #Glo. Show all posts

Tuesday, 19 February 2019

STAAN OP!






GELÓÓF

Daelikse Woord


Daar is net ... één  GOD  en  VADER  van almal:  HY wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.  -  Ef. 4:4, 6


Ek gló en wéét my Heer is met my op ál my weë en onder álle omstandighede.

Wát ek ookal mag ervaar het in die verlede, Hy was dáár, en hoe duidelik sien ek dit nou hier waar ek terugkyk na die uitdagings én die oorwinnings van die verlede.  Hy was daar om my te beskérm en te léí, en met nuwe moed en durf te vul wáár en wánneer nodig.  Deur dit álles heen het ek ontwikkel en gegroei tot 'n méér volwasse, wyse mens.

Ek gló God is met my, nét hier waar ek nóú is.  Dit is *níé* nodig dat Hy op die een of ander tasbare manier vir my moet bewýs dat Hy hier by my is nie,  dat Hy my toevou in Sy ewige liefde en lei in Sy lig met elke tree van die weg wat ek moet gaan nie - want my *gelóóf* verséker my daarvan!!

Sy Heilige Gees gaan *vóór* my uit om my weg te beveilig, en met entoesiasme begroet ek élke nuwe dag, omdat ek *wéét*, dat met so 'n wonderlike Leidsman, werk álles vir my ten goede uit!


Gebed:  Ek  *GLÓ* dat U mét my is, Heer, *élke* tree van die weg!  Dánkie JESUS. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




 


Monday, 18 February 2019

STAAN OP!






STAAN  OP! 
Daelikse Woord


Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.  -  Matt. 9:5


Die man was siek - hy was lam, en Jesus het vir hom gesê hy moet opstaan en huistoe gaan, en in Sy krag is dit presies wat daardie man gedoen het.

Wanneer ons Heer praat, wanneer Hy ons aanraak is daar níks wat ons níé in Sy krag kan doen nie.  Géén las kan ons meer bind nie, géén bedreiging kan ons meer bang maak nie, géén opoffering is te groot nie, as ons in Sý krag opstaan en loop nie.

En as Hy ons sou teëkom langs die pad, moeg en té moedeloos om één tree verder te gee, kom Sy boodskap helder en duidelik tot ons, "Stáán op, kind van die lig, en wandel in Mý lig.  Veilig in My liefde sal níks en níémand jou énige leed kan aandoen nie.  Sterk in My krag is jy tot álles in staat en géén uitdaging is só groot dat jy dit níé kan oorkom nie.

"Staan op en loop, en onthou Ek is élke tree van die weg aan jou sy, hier waar jy wandel in My líg, My líéfde en My krág op pad na jou Vader se Huis."


Gebed:  In Ú krag, Heer, staan ek op en ek lóóp!


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!