Showing posts with label #leiding. Show all posts
Showing posts with label #leiding. Show all posts

Friday, 26 October 2018

WAAK EN BID







WAAK  EN  BID 

deur Manna uit die Woord



 “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” - MARKUS 14:38 AFR53


• Hierdie gedeelte is Oom Angus se tema vers vir "It's Time" waar 'n volk bymekaar gaan kom om te bid.
• Ons as kinders van God het die kragtigste wapen wat daar is en dit is gebed.
• Een gebed kan iemand se lewe verander, een gebed kan 'n land genees, een gebed kan jou omstandighede verander.
• Geliefde al kan jy nie self daar wees nie maak tyd die naweek en bid vir die land sy mense en sy omstandighede.
• “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.”
JOSUA 1:9 AFR53



Gebed: Here ons bid vandag vir Oom Angus en sy gesin en elkeen wat betrokke is by "It's Time". Here beskerm elke persoon wat daarheen gaan die naweek om U te loof en prys en te bid vir Suid Afrika. Here ons bid vir ons land, dat U, U hand oor Suid Afrika sal uit strek en ons land genees, van die President tot die boemelaar wat op straat slaap. In Jesus naam. Amen.






.

GOD SE WÊRELD







GOD  SE  WÊRELD
uit Daelikse Woord


... U heers oor alles. In U hand is krag en mag en in U hand is dit om alles groot en sterk te maak.  -  1 Kron. 29:12 (1933 Bybel)


GOD is in bevel!  Dit geld nie alleen vir die enkeling nie maar ook vir die heelal.
GOD is in bevel!  Wát 'n gerússtellende versekering is dit nie!  Is daar 'n omstandigheid of situasie wat bo ons vuurmaakplek is, wat ons nie kan hanteer of regstel nie?  GOD is in bevel!  Hy is teenwoordig *ín* daardie omstandigheid of situasie.  Sý krag is aan die werk in die betrokke persone.  GOD is in bevel!  Sy liefde is in bevél.  Sy wysheid is in bevél.  Sy krag is in bevél.  Ons kan  *ÁLLES*  in Gods hande plaas en op Hóm vertrou om die weg vir ons aan te wys, om die oplossing vir  ons probleme te vind.
GOD is in bevel!   *DÍT*  is wat ons moet onthou wanneer ons besorgd en bekommerd is oor omstandighede in ons land en in die wêreld.  God is in bevel van Sý wêreld, al lyk dit nie vir ons altyd so nie.  Hy is aan die werk in die harte en gemoedere van mense oor die héle wêreld.  Hy lei ons op die régte paaie en bewerkstellig vrede, orde en geregtigheid vir álmal.


Gebed: Dánkie Skepper Vader van die heelal dat ons rustig kan wees in die wete dat *Ú* in bevel is van álles wat U geskep het en dat ons *níé* hoef te vrees nie, want vir U kinders wat vir *Ú* opreg lief is, *sál* alles ten goede uitwerk.  Dankie Jesus.  Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





Wednesday, 24 October 2018

VREDE






VREDE https://www.facebook.com/images/emoji.php/v9/f81/1/16/271d.png
deur Daelikse Woord


"Swyg, wees stil!" - Mark. 4:39 (1933 Bybel)


As ons gejaagd voel oor alles wat ons nog moet doen en wat ons aandag nodig het, kan ons die woorde van Jesus gebruik en vir ons gedagtes en emosies sê: "Swyg, wees stil!"  Dit sal ons help om ons aandag te vestig op kalmte en orde.
Jesus het hierdie woorde met geság gespreek om kalmte op see te bring, en ons kan dit met gesag gebruik om ons innerlike gejaagdheid te kalmeer.  Dit sal ons met vréde vul, en wanneer daar vrede in ons gemoed is, is ons oop vir God se leiding.  Ons sal weet hoe om ons tyd en ons talente op die regte manier te gebruik.
As ons die woorde, "Swyg, wees stil!" saggies vir onsself sê wanneer ons voel die spanning en gejaagdheid bou op, sal ons opnuut daarvan bewus word dat Christus in ons hart heers, en dat Hy altyd gereed is om ons te help met die nodige wysheid, krag en vrede wat ons mag nodig hê. Sý vrede en rus diep in ons, help ons om orde en harmonie in ons lewens te herstel.
Ons kyk na binne en sê: "Vrede, wees stil!", en vrede neem oor in ons lewens en in elkeen vir wie ons bid se lewens.


Gebed: "Vrede, wees stil!" Dankie Christus Jesus dat Úself Vrede in ons lewens is en waar Ú vrede in ons is, kan niks of niemand ons onrustig maak nie. Dankie Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!