Showing posts with label 'n Wenner. Show all posts
Showing posts with label 'n Wenner. Show all posts

Monday, 31 August 2015

'N WENNER






‘N  WENNER


Maar ons dank God at Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.  -  1 Kor. 15:57


Slagoffer of oorwinnaar?  Ek is  NIE  ‘n slagoffer van omstandighede nie.  Ek IS ‘n seëvierende, onverskrokke geestelike wese, magtiger as my omstandighede.


Ek is  NIE  ‘n slagoffer van swakheid en onsekerheid nie.  Ek IS ‘n al-wyse, al- liefdevolle, alles-oorwinnende kind van God.


Ek is NIE ‘n slagoffer van pyn en vrees nie.  Ek IS ‘n geestelike wese wat nie seergemaak, ongelukkig of bang gemaak kan word nie.


Ek is NIE ‘n slagoffer van negatiewe gedagtes of van vernietigende gewoontes nie.  Ek IS ‘n geestelike wese met vólle beheer oor my gedagtes, gevoelens en emosies.


Ek is NIE ‘n slagoffer van ouderdom en swakheid – of van jeug en onvermoë nie.  Ek IS deel van die immerontvouende, ewige lewe van God.


Slagoffer of oorwinnaar?  Ek is NIE ‘n slagoffer nie.  Ek IS ‘n wenner!


Gebed:  Ek  IS  ‘n wenner in Christus!



~ Uit Daelikse Woord ~

Sunday, 28 April 2013





‘N  WENNER


Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.  -  Filip. 4:13  (OV)


Hoe heerlik die wete – met die wonder van Christus in my, kan ek ‘n wenner wees as ek Hom ken op al my weë, en Hom my eie maak, sodat Hy mý sy eie kan maak!

Net ‘n bietjie liefde is nodig om die liefde wat Christus is in my, te wees.

Net ‘n bietjie lig is nodig om die lig wat Hy is in my, te wees in hierdie wêreld wat nog so donker skyn te wees.

Net ‘n bietjie krag is nodig om te wees wat ek is in die Lig en die Liefde van Hom wat die ereplek in my hart beklee, Hy wat my ‘n wenner maak in wat ookal op my pad mag kom!

Nou waarom sê ons dan net ‘n bietjie?  Omdat Jesus vir ons gewys het wat gebeur as ‘n mens meer as net ‘n bietjie van die krag gebruik!  Géén uitdaging was vir Hom te groot nie – selfs die dood het Hy oorwin – daarom is ons in hierdie stadium tevrede met net ‘n bietjie!  En die wondere wat ons met net die bietjie ervaar – wie van ons ken dit nie?!


Gebed:  U in my en ek in U, wat ‘n wenresep!


~ Uit Daelikse Woord ~