Showing posts with label Begin Weer. Show all posts
Showing posts with label Begin Weer. Show all posts

Saturday, 12 September 2015

Begin weer






BEGIN WEER


Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  -  Jes. 41:13



Heer van my hart,


Ek het gevál!  Help my op asseblief?  Gee my die krag om te weet ek is gereed om te doen wat ek móét doen, dat  Ú my elke oomblik van élke dag behoed en bewaar in U líéfde en U wýsheid só wonderbaar.  Laat Ú vrede heers in my denke, U rus in my hárt.


In Ú hande plaas ek nou ál my vrese, my twyfel én onsekerheid.  Los van alles wat my só bind, gaan ek voort, séker daarvan dat U élke tree van die weg mét My is.  Hoe héérlik om so in U Lig  en Liefde te kan voortgaan op my lewenspad, wat nóú ‘n pad van lig geword het – hoe díép my dank vir U liefde wat my stééds veilig en beskut voortlei.


En nóú, vry en bly omdat U my so vry gemaak het, hóór ek U welkom stem hélder en dúídelik vanuit my diepste wese:


“My geliefde kind, ontspan, want kyk, Ek is net hier bý jou.  Ek ken élkeen van jou behoeftes, en onthou net – Mý lig skyn helder op jou pad, Mý liefde beskerm jou en Mý krag is jóú oorwinning.  Élke oomblik is Ek mét jou – Ek hou jou hand stýf vas!”


Gebed:  Dánkie, dánkie dierbare Heer, vir Ú krag tot mý oorwinning.




~ Uit Daelikse Woord ~







  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






mamma333  @  gmail.com

Tuesday, 19 February 2013





BEGIN  WEER

Elke ding in hierdie wêreld het sy tyd.  -  Pred. 3:1

Beginpunte en eindpunte, oopgaande deure en toegaande deure, nuwe ervaringe en die bekende alledaagse roetine – al hierdie dinge is nodig en belangrik.   Elke dag, elke uur, elke oomblik is ‘n nuwe begin.

Ek kan weer begin.   Dankie Here, dat ek weer kan begin.  Dit maak nie saak wat gister gebeur het nie – dit lê in die verlede.   Pynlike herinneringe word weggevee, teleurstelling vervaag.   Op hierdie oomblik word alle dinge nuut gemaak – ook ék word nuut gemaak.

Ek kan weer begin.   Selfs al het die deur toegegaan op ‘n mooi, ryk en sinvolle ervaring, weet ek dat daar nog groter seëninge op my wag.   Daar gaan ‘n nuwe deur oop en ek het die wil en die visie om dit te herken en in te gaan.

Ek kan weer begin.   Ek gaan voort in Gods liefde en genade.   Ek is ‘n heel, volledige mens wat ‘n heel, volledige lewe ervaar.   Ek is gedurig aan die groei, aan die ontvou en aan die ontwikkel.   Ek sê oor en oor ja vir Gods volmaakte wil vir my.

Gebed:  Ek kán wéér begin!

~ Uit Daelikse Woord ~