Showing posts with label DANKIE HEER. Show all posts
Showing posts with label DANKIE HEER. Show all posts

Sunday, 29 January 2012





DANKIE, HEER!

Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.
Openb 21:6

Met blydskap en ‘n lied in my hart, begin ek elke nuwe dag.  Ook vandag is ‘n geleentheid om nuwe seëninge  en nuwe geleenthede tegemoet te gaan.

Ek begin vandag met geloof, waardigheid en krag.  Dit is ‘n dag om die lewe, liefde en vrede van my inwonende Christus ten volle uit te leef.  Wat ookal op my wag, of van my verwag word, ek weet alles is wel, want Hy is elke tree van die weg met my.

Opbouende aangename gedagtes heers vandag in my gemoed.  My hart is vrolik en bly want ek weet hierdie dag gaan ‘n dag van vervulling en oorwinning wees.

Vandag is ‘n geskenk van God – ‘n ryk, vol dag om te geniet en Hom te eer.  Dis ‘n dag waarin groot en wonderlike dinge bereik kan word – ‘n dag wat ook ‘n nuwe begin kan beteken.

Ek geniet hierdie mooi dag – ek leef tot eer van die Heer van my hart, en so dra ek my diepe dank aan Hom oor.

Gebed:  Dankie Heer, vir hierdie mooi dag!

~ Uit Daelikse Woord ~



Monday, 23 January 2012





DANKIE, HEER!

Laat my elke môre U liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue.
Ps. 143:8

Goeiemôre, Heer!  Dankie vir U liefdevolle sorg en beskerming deur die nag, en vir die lig van hierdie nuwe dag!

Dankie Heer, vir U grenslose lewegewende Gees in my, wat my altyd herstel en vul met nuwe lewenslus.  Verfris en hernu, is ek gereed vir ‘n wonderlike dag in U wonderlike wêreld.

Dankie Heer, vir hierdie dag, tot oorlopens toe gevul met die belofte van aangename, waardevolle aktiwiteite en ervaringe.  Dankbaar ontvang ek vandag met al sy seëninge.

Steeds bewus van U teenwoordigheid, waardeer ek die orde, skoonheid en volmaaktheid van elke oomblik.  Die opwindende inspirasie van die oggend bly my by dwarsdeur die dag, en ek beskik oor die nodige belangstelling, krag en energie om elke taak suksesvol af te handel.

Dankie Heer, vir hierdie wonderskone môre wat my dwarsdeur hierdie dag gaan ophef en onderskraag.

Gebed:  Goeiemôre, Heer!

~ Uit Daelikse Woord ~