Showing posts with label Dankbaarheid. Show all posts
Showing posts with label Dankbaarheid. Show all posts

Thursday, 3 December 2015

Dankbaarheid









Hemelse Vader,


Hoeveel rede gee U my nie tot dankbaarheid nie!
Ek wil U net weer kom dank vir elke seëning
wat ek so onverdiend uit U hand ontvang:
Dankie vir die mense wat ek liefhet,
vir die wonder van u liefde,
vir die skoonheid van die natuur,
vir babas
en blomme en wit stapelwolke,
vir musiek en boeke en vriende,
vir gesondheid en finansiële sekuriteit.
Maak dit vir my moontlik om ook dankbaar te wees
vir dié dinge wat ek graag anders sou wou hê
omdat ek weet dat hulle deel uitmaak van
u plan met my lewe.
Gee dat ek my dankbaarheid nooit vir
myself sal hou nie
maar dit elke dag aan U sal teruggee.


Amen




Nina Smit :  Sprankel vir ‘n vrou se gees




  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







Thursday, 20 June 2013





DANKBAARHEID


Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange. 
Ps.  100:4


Hoe kan ek vandag genoeg dankie sê vir al die seëninge my toebedeel uit Gods hand?   Hoe kan ek vandag se gebed gebruik, en nie spesiaal voel nie, steeds geseën in Sy allesomvouende liefde?

Hoe meer ek dankie sê, hoe meer dinge sien ek raak om voor dankie te sê.   Ja, ek is so diep en innig dankbaar teenoor my Heer en my God!   Selfs vir dinge wat opduik en lyk asof dit nie my dank waardig is nie, sê ek dankie, want  ek weet my Hemelse Vader sien altyd na my om, en die goeie wat nou verborge is sal ook aan my openbaar word.

Ek kan nie dankbaar en negatief wees op dieselfde tyd nie.   Daarom begin ek elke dag met ‘n lied van danksegging in my hart.  Ek weet my Heer stap elke tree van die weg saam met my, en aan Sy seëninge is daar geen einde nie.

Ek is ‘n gelukkige mens, en ek weet dit.   Elke keer wanneer ek dankie sê, sien ek nog meer dinge om my raak om voor dankie te sê!   Voorwaar, God is goed vir my, en aan Sy seëninge op my lewenspad is daar geen einde nie!   Dankie, kosbare Hemelvader!


Gebed:  Ek is ‘n baie gelukkige mens!


~ Uit Daelikse Woord ~