Showing posts with label Die Geheime Plek. Show all posts
Showing posts with label Die Geheime Plek. Show all posts

Thursday, 24 August 2017

DIE GEHEIME PLEK







DIE  GEHEIME  PLEK


Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was.  -  1 Kor. 2:7


Díép binne-in ons hart is daar 'n *gehéíme plek* - 'n plek van vréde, van réínheid en ónvoorwaardelike liefde.  In hierdie geheime plek vind ons *ál* die krag, die tróós, *én* die wysheid wat ons  te énige tyd mag nodig hê.


Hierdie plek noem ons ons *díépste, innerlike toring van krag*, en ons gaan dit binne wanneer ons met Hóm wat daar woon, ons Here Jesus Christus, ons Skepperheer en Meester wil praat.


Ons *wéét*, binne-in die mens is daar 'n Kontakpunt met die koninkryk van God, en *híérdie kontakpunt* is CHRISTUS.  Hý is ons  REDDER en ons MIDDELAAR.  Om Hóm te vind, beteken om Gods Koninkryk te vind, om *déúr*  HOM  ál die  LIG,  LIEFDE en KRAG  te vind wat ons te énige oomblik mag nodig hê.


Dánkie-dánkie-dánkie Heer, vir *Ú* Heilige Gees, wat U in ons, u mensekind, geplaas het.  Dánkie kosbare Hemelse Vader, dat Ú die verborgenheid aan ons ópenbaar gemaak het - die geheim van 'n *gróótse* innerlike heiligdom , wat ons *énige tyd*, en op *énige plek* in gebed kan binnegaan, sonder om ons eers te moet afsonder.


Gee *Ú* vir ons die tyd, Heer, en die ruimte *én* die díépe verlange, om élke dag soveel kere as wat ons ookal mag verlang, híérdie verborgenheid wat Ú Heilige Gees Sy eie gemaak het, óók ons eie te maak en met *Ú* ons  grote Koning te kan gesels en ons gróótste vreugdes en díépste hartseer vrymoedig te kan deel met U.


Gebed:  Voor Ú Skepper Heer, word ek nou stil in gebed.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Jesus Soetse Soetste Naam / Facebook