Showing posts with label Eenheid. Show all posts
Showing posts with label Eenheid. Show all posts

Thursday, 30 August 2012










EENHEID


Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder. – Matt. 12:50


Dierbare Heer van my hart, leer my om slegs U wil te doen.  Lei my voetstappe en wys my hoe ek nog meer van U lig in die wêreld kan inbring.

Dit is U wat my lewe so vul met liefde, met lig en lewenskrag – alles wat ek ooit mag benodig op my lewensweg.  Vir die hemelse seëninge so ryklik my toebedeel uit U Vaderhart, hoe kan ek ooit genoeg dankie sê daarvoor?

U is in my, en in U lewe en bestaan ek.  Die band wat ons bind is geestelik van aard, en tog straal U lewenskrag in en deur elke sel en atoom van my liggaam.  U verkwik my elke dag na gees, siel en liggaam.

Nou weet ek hoe dit voel om ‘n kind van die lig genoem te word – om deur U gebruik te word as instrument tot seën van my medemens.

Liefdevolle Heer, alles wat ek is en ooit sal wees, gee ek nou aan U.  Neem U intrek in my hart, want nou weet ek dat ek slegs in U ware geluk en ewigdurende vrede sal vind.


Gebed:  Een met U, Heer, vind ek vrede vir my siel.


~ Uit Daelikse Woord ~