Showing posts with label God se Liefde. Show all posts
Showing posts with label God se Liefde. Show all posts

Friday, 23 October 2015

God se liefde










God se liefde


Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:  sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.  -  1 Johannes 4:9


Hemelse Vader,


Ek loof U vir u
onvoorwaardelike, onbegryplike liefde vir my
wat U bewys het
deur u Seun vir my aan die kruis te laat sterf. 
Ek loof U dat U my liefhet,
al weet U presies hoe sleg en sondig ek is
en dat ek dit maar nie regkry
om u gebooie te gehoorsaam nie. 
Baie dankie dat ek niks hoef te dóén
om u liefde te verdien nie
omdat dit reeds myne is. 
Ek wil dit nou met albei hande vir my neem
en hierdie liefde ook vir ánder aanbied
deur hulle op dieselfde manier lief te hê. 
Gee dat u liefde vir my die basis sal vorm
van my liefde vir ander mense.


Amen


Nina Smit  :  Elke dag ‘n vreugdepad

  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







Wednesday, 15 August 2012






GOD SE LIEFDE


Deur elke sonsopkoms en sonsondergang

Deur elke voëlgesang vroeg in die môre

Deur elke glimlag wat jy uitdeel of ontvang

Deur elke kinderlaggie wat jy hoor

Deur elke blom wat oopkelk en toegaan

Deur elke boom wat groei, en die hemel so blou

Deur elke reënstorm en die wind wat waai

Deur elke dier – groot of klein

Deur elke mens wat jy liefhet of jou bemin

Deur dit en alles nog meer, wys God Sy liefde aan ons.

Hy het ons geskape na Sy wil, en dit is Sy manier,

Om aan ons Sy ewige liefde te bewys.


~ Ann Dennis ~