Showing posts with label Hoe *wéét* ek?. Show all posts
Showing posts with label Hoe *wéét* ek?. Show all posts

Friday, 30 October 2015

Hoe *wéét* ek?








Hoe  *wéét*  ek?




Jy vra my hoe ek *wéét* dat Christus

nog leef en wandel saam met die mens?

Vándag het ek Hom gesien in die hárt

van iemand wat wéér geglimlag het,

ná lang leë dae van hartseer en verdriet.

Trane van hélende krag en liefde,

het  *lig* gebring in ‘n stúkkende siel –

*Tóé* het ek vir Christus gesíén!




Hoe *wéét*  ek dat Christus nog liefhet

soos Hy in Gálilea lief gehad het?

Ek het Sy ságte liéfdevolle oë sien

rus op ‘n slápende kind;

deur die líéfde van ‘n móéder

is Sý liefde weerspieël:

Jý is ‘n kind van Gód”, het sy vol deernis gesê.




Hoe *wéét* ek dat Christus uitgestyg het bó

die kruis en pýn van Gólgota?

Ómdat Hy léwe en líéf het en óphef,

vir jóú en vir my,

en nog stééds lei en glímlag en seën!




*Dít is hóé ek weet!*




~ PM Moore aangepas ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com