Showing posts with label KIND VAN DIE LIG. Show all posts
Showing posts with label KIND VAN DIE LIG. Show all posts

Friday, 29 July 2016

KIND VAN DIE LIG

KIND  VAN  DIE  LIG

 Ek het gekom ... om die wêreld te red.  -  Joh. 12:47

Geliefde kind van die lig – wandel in My lig, en Ék wandel saam met jou, met ál My lig, My liefde en krag daar vir jou.  Sag en teer neem Ek jou hand in Mýne, en ...
My lig raak jou brein aan met éíndelose wysheid.  My liefde raak jou hárt aan met allesomvouende déérnis.
My krag raak jou léwe aan met allesoorwinnende krag, en My wens is dat jy hierdie wýsheid, hierdie líéfde en hierdie krág op élke gebied van jou lewe ten vólle sal uitleef.
Vra Ek nou té veel my liewe kind?  Onthóú My Lig en Liefde en Krag is al so ‘n déél van jou, dat *dít* wat Ek nóú vra nie buite jou bereik is nie!  En *hóé* bly-gelukkig sal jy My maak as jy *híérdie* verlange van My ernstig opneem, want *só* kan híérdie deurmekaar stukkende wêreld van julle nóg gered word!

Gebruik my Líg in jou denke, gebruik my Líéfde in jou hart en my Krág in jou werke, en Ék sal jou waarlik nóóit begewe óf verlaat nie.  Slegs één gebed, en jy is bý My!

Gebed:  Dankie, dierbaarste Heer!  Ek sal wees wat *Ú* wil hê ek moet wees *ín* U!

~ Daelikse Woord ~

Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook

Monday, 18 January 2016

Kind van die Lig

Kind van die lig,

Jy beskik oor die wysheid om alles in
     jou lewe korrek te hanteer;
die vermoë om die regte besluite te neem;
die moed om die verlede agter te laat;
die genade om elke ervaring moedig en
     blymoedig tegemoet te gaan;
die geloof dat jy in die liefde van die
     Vader altyd een is met jou geliefdes;
die insig om die goeie in alles raak te sien –
     die Christus in jou medemens;
die wete, sonder enige twyfel –
     “Sy ewige arms is altyd onder jou.”
God seën jou in hierdie nuwe dag en week,
wonderlike kind van die lig!

~ Daelikse Woord ~

Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook

Monday, 9 June 2014

KIND VAN DIE LIG

Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid!  -  Kol. 2:27

Kind van die Lig, aanvaar die feit dat Ek binne-in jou is!  Diep in jou diepste wese sal jy My vind, met al My krag, al My liefde en lig vrylik tot jou beskikking.  Gebruik dit en maak julle hoop op die heerlikheid ‘n werklikheid in jou lewe!

Staan op!  in die magtige glorie van jou Ware Self. 

Gaan voort!  ‘n magtige oorwinnende teenwoordigheid so ver jy gaan.

Wees!  die lig wat Ek is in jou wat nooit verdof nie, en laat dit al hoe helderder en helderder in en deur jou werk en straal, tot seën van jou wêreld en sy mense.

Beweeg!  geklee in die lig van jou eie glorieryke Christus-self, en die heerlikheid sal nie net ‘n hoop bly nie, dit sal ‘n werklikheid word!

Wees vry!  want Ek is in jou – die rigtinggewende intelligensie in jou brein, die deernisvolle liefde in jou hart, en jou alles-oorwinnende krag.

Gebed:  Ja, Here!  U is my hoop op die heerlikheid!

~ Uit Daelikse Woord ~

Wednesday, 2 October 2013

KIND VAN DIE LIG

Julle is die Lig vir die wêreld.  -  Matt.  5:14

Die Lig van God verhelder my gedagtes en my hele liggaam baat daarby.   Vanaf my brein word lig-gedagtes uitgestuur deur heel my wese, en elke atoom, elke sel, elke orgaan, word daardeur geraak, en daar waar ek nie kan sien nie, daar begin die lig te skyn, helderder en helderder.

Met hierdie wonderlig, is daar geen beperkings aan wat ek kan vermag op hierdie aarde nie, ongeag waar ek woon of werk of wat my ouderdom is, want God is my lig – Hy is in my, met my en rondom my – Hy lei my en rig my elke tree van die pad wat ek moet loop.  Ek volg hierdie lig, en hoe meer ek dit volg, hoe duideliker *sien* ek dit, en hoe meer *word* ek dit.

Elke oomblik van elke dag sal ek die lig *wees* wat ek sien, en ek onthou, geen taak is te gering voor die oë van God nie.  Om net harmonie en lig te bring in my huis, is alreeds ‘n groot en belangrike taak.  Om kinders te lei en gereed te maak vir volwassenheid, is nog ‘n groot taak.  Wat ookal my werk of verpligtinge, as ek die lig kan sien en dit kan wees, is ek ‘n volwaardige kind van die lig!

Gebed:  Ek is ‘n kind van die Lig!

~ Uit Daelikse Woord ~

Sunday, 16 December 2012

KIND VAN DIE LIG

Ek is die weg en die waarheid en die lewe.  -  Joh.  14:6

Dierbare Kind van die Lig, staan op in die Krag van jou Ware Self wat Ek is in die krip van jóú hart.  Staan op en maak My lig ook jou lig, en die Lig wat van jou afkomstig is, sal enige blom en struik totaal oortref.  Helderder as die son sal dit wees!  En soos die plante reageer op die lig van die son, so sal álmal wat jy vandag mag teëkom, reageer op die lig wat so helder skyn vanuit jou hart – My tuiste!

Elke dag bid jy saam met jou Ligvriendekring vir Lig vanuit die denke van Hom om ook jou denke helder te verlig.  Geliefdes in die Lig,  Ek hoor julle bede – Ek sien hoe die Lig in die denke van elkeen van julle wat so saam bid, al hoe helderder skyn.  Kyk soos Ek kyk, en jy sal self sien dit wat Ek sien – jy sal sien hoe jou brein al hoe helderder verlig word, jy sal sien hoe hierdie Lig in en deur heel jou wese skyn, en hoe geen duisternis kan staande bly voor die Lig wat jy is nie!

Dierbare Kind van die Lig, staan op in die Krag van jou Ware Self!

Gebed:  Vandag staan ek op!

~ Uit Daelikse Woord ~

Monday, 17 September 2012

KIND VAN DIE LIG

Christus is in julle,  Hy is julle hoop op die heerlikheid.  – Kol. 1:27

Kind van die Lig, jy wat jou voete op hierdie geestelike pad van lig gesit het, weet jy hoe na aan My jy werklik is?  As jy maar net My lig kon sien wat elke dag so helder in jou, om jou en voor jou uit skyn – as jy maar net kon voel hoe Ek jou hande saggies in myne neem terwyl ons sy aan sy voortstap op hierdie pad van lig – as jy maar net My stem kon hoor wat vir jou vertel van die Vader se liefde so groot en so wonderbaar!

As jy maar kon besef wat Ek en jy saam kan vermag wanneer jy hierdie grootse mylpaal wat jy nou voor oë het, bereik het – die plek waar Ek en jy een word in Gods Lig, Liefde en Krag – sal jy verstaan waarom jy so kosbaar is vir My.  Moenie moedeloos raak as dit volgens jou begrip van tyd te lank neem nie – glo net, en hou aan met aanhou.  Ek sal jou dra oor elke struikelblok heen,  Ek sal jou bystaan deur elke donker nag.  Ek sal jou lig, jou liefde en jou krag wees, totdat jy die volwasse seun/dogter van God is – een met My, jou eie inwonende Christus-self.

Gebed:  Ek kom, Heer!  Hou net my hand styf vas!

~ Uit Daelikse Woord ~

Saturday, 21 January 2012