Showing posts with label My Boesemvriend. Show all posts
Showing posts with label My Boesemvriend. Show all posts

Tuesday, 18 October 2016

My Boesemvriend





MY  BOESEMVRIEND


Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.  -  Kol. 1:27


Christus in ons?  Hoe héérlik hierdie grote werklikheid! Wel, as Hý dan *ín* my is, is Hy mos my Bóésemvríénd, want niemand kan nader as juis *Hý* wees nie!


Ek is van *géén* mens meer afhanklik vir my geluk nie, want *Ú* is my Bóésemvríénd, en waar Ú is, daar is vréde en rús. Wanneer ek moeg en afgemat is, dan gee U wéér vir my moed en krag en wanneer moedeloosheid dreig om oor te neem, is *Ú* die Een wat weer vir my hóóp en verwágting gee, *hóé* donker alles in my lewe ookal mag lyk!


Géén mens kan meer my gemoedstoestand beïnvloed nie, want met U *ín* my en ek in U, sing my siel van vroeg in die oggend tot laat in die nag!


U weet *presíés* wat ek nodig het – élke oomblik van elke dag – en verstaan my só goed. Dit sien ek met *Ú* boodskappe wat ek lees of wat iemand vir my sê, want dit is *Ú* Here wat deur hulle praat  of gedagtes in hul plaas, om tot my te bring. Boodskappe direk en op die man af van *Ú*!


In *álles* wat ek van nou af doen, en in áles wat my lewe aangaan, sal ek met *Ú* saamwerk. Ek sal die hande en die voete wees wat U nodig het hier rondom my, en *Ú* sal die wonderlike Léídsman wees wat ek begeer!


Dankie dierbare Here Jesus Christus hier binne-in my, hoe wonderlik die wete, my hemelse Boesemvriend wie my *nóóít* sal verlaat of sy rug op my sal draai nie!


~ Uit Daelikse Woord Verwerk ~


Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook