Showing posts with label VEILIG. Show all posts
Showing posts with label VEILIG. Show all posts

Wednesday, 23 September 2015

Veilig








VEILIG


Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.  -  Ps 91:11


Is dit darem nie te wonderlik vir woorde nie – om te dink, die Here sal sy engele opdrag gee om ons te beskerm waar ons ookal gaan.  Veral nou in hierdie tyd van moorde en aanvalle en kapings hier in ons land, is daar nie ‘n beter wapen teen al hierdie onheil en gevare nie, as engele, die boodskappers van God, wat ons beskerm.


In die Lig van God, dis waar ons die engele sal kry, want engele is lig.  En as ons wandel in die lig, wandel hulle saam met ons, en hulle sal ons berskerm om elke hoek en draai.


Engele is ook liefde, en as ons die liefde van ons Heer in ons hart ons eie maak, trek ons die aandag van die engele, en met ‘n hemelse liefde sorg hulle vir ons.


Maar engele is ook krag, en as ons vas staan in ons geloof  in die krag van God, sal die engele stelling inneem saam met ons, en geen uitdaging of gevaar is te groot om te oorkom nie!


As boodskappers van God sal hulle ons lei op die regte weƫ, en ons sal rustig kan slaap.


Gebed:  Dankie, Vader, vir U engele wat my beskerm!



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

  

mamma333  @  gmail.com


Thursday, 22 March 2012





VEILIG

Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig.  – Joh. 7:24

Uitdagings kom en gaan deur ons lewens heen, in ons tye van sukses en ook in ons tye van teleurstelling.  Maar dit is juis deur die eb en vloei van gebeure en lewenservaringe heen wat ons geestelik groei.

Ons hoef glad nie angstig of bekommerd te voel wanneer ons moet afskeid neem van ‘n bekende, veilige plek, of ‘n aangename menseverhouding nie.  As ons dieper begin kyk, sal ons besef dat die veiligheid en sekuriteit wat een of ander situasie of mens ons bied, maar net tydelik van aard is.  Ons ware sekuriteit is altyd daar, altyd beskikbaar – Gods Heilige Gees.  Tyd en plek is nie van belang nie – Hy gaan oral en altyd saam met ons waar ons ookal heen mag gaan.

Ons is innig dankbaar want ons besef dat elke geleentheid wat die lewe ons bied om ‘n nuwe begin te maak, as ons dit reg hanteer, ons een tree verder neem op ons pad van lig.  Daarom aanvaar ons alles wat nuut is met geloof en geesdrif.

Gebed:  Die Heilige Gees is my ware Sekuriteit.

~ Uit Daelikse Woord ~


Thursday, 26 January 2012




VEILIG

Vir hulle het Hy veilig gelei en hulle was nie bang nie. – Ps. 78:53

Ek wandel in die liefde van God waar ek ook al gaan, en weet dat ek nooit alleen is nie. Die pad vorentoe mag uitdagend wees maar ek voel nie oorweldig nie want ek is verseker van Sy beskerming elke tree van die pad.

Ek wandel in die liefde van God. Ek volg waar Hy my lei en die pad ontvou voor my. Ek gaan uit op my lewenspad met ‘n geloof en vertroue wat verseker dat ek geleenthede tot groei sal vind in elke nuwe ervaring.

Ek wandel in die liefde van God en ‘n stille rustigheid omring my. Daar is by my geen kommer of twyfel oor my veiligheid nie. As ek in die liefde van God wandel, wandel ek ook in Sy lig wat alle duisternis verdryf.

Ek wandel in die liefde van God en ek dink net positiewe, skeppende gedagtes. Ek sien duidelik dat daar niks te vrees is nie. Ek wandel in die volkome veiligheid van die liefde van God.

Gebed: Ek wandel in die liefde van God



~ Uit Daelikse Woord ~