Showing posts with label VERHOUDINGS. Show all posts
Showing posts with label VERHOUDINGS. Show all posts

Monday, 20 May 2013





VERHOUDINGS


Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  -  Markus  12:31


Ons verlang almal na liefdevolle, vervullende verhoudings met ons naaste.  Dit is die liefde van God in ons harte wat betekenis gee aan die bande tussen ouers, kinders, huweliksmaats, vriende en medewerkers.

Dit hand van óns af of ons gelukkig of ongelukkig gaan wees in ons verhouding met iemand anders.  Geen mens kan voldoen aan al die eise van ‘n ander nie, maar as ons ons verhouding in ‘n positiewe gees benader, bly dit opbouend van aard en dra dit ook by tot ons geestelike groei.

Die belangrikste aspek in enige liefdevolle verhouding, is om altyd te onthou dat ons, élkeen van ons, ‘n unieke skepping van God is, en dat ons onsself as sodanig moet liehê.  Dit is tog immers wat Jesus gesê het, naamlik:  “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”  As ons regkry om onsself lief te hê, is dit vir ons makliker om oop kanale te wees vir Gods liefde om deur ons na andere te vloei.  Deur ons liefde vir mekaar, bring ons ook hulde aan die Christus in ons harte.  Deur ons menseverhoudinge gee en ontvang ons liefde, leer en ontvou ons.


Gebed:  Uit die volheid van my hart, gee en ontvang ek liefde.


~ Uit Daelikse Woord ~





Friday, 30 December 2011





VERHOUDINGS


Ek bid vir hulle.  -  Joh.  17:9


Die grootste geskenk wat ek ooit vir andere kan gee, is die van my gebede vir hulle:  “Liefling, ek sê dankie vir jou en vir die feit dat jy my lewe met my deel.  Met liefde en vrede seën ek jou, en ek sien jou gelukkig en suksesvol in alles wat jy aanpak.

“Ek het jou lief en aanvaar jou soos jy nou is – nie soos jy in die verlede was of soos ek jou graag in die toekoms wil hê nie.

“Ek laat jou vry om jou eie weg te vind volgens die leiding wat jy kry, en om jou eie lewe te lei – ‘n lewe wat vir jou geluk en vervulling bring.  Ek kan nie jou lewe vir jou leef nie of weet wat jou beïnvloed om die besluite te neem wat jy wel neem nie, daarom oordeel of veroordeel ek jou nie.

“Ek glo en vertrou dat jy ook vir my met die bedagsaamheid en respek sal behandel waarmee ek jou behandel.  Ek waardeer jou eerlikheid en openhartigheid, en is dankbaar oor die geleentheid wat God my bied om jou te ken – ‘n geliefde vry kind van die lig, met spesiale seëninge wat net jy vir die mensdom kan bied.”


Gebed: Liefling, ek seën jou in my gebede!


~ Uit Daelikse Woord ~