Showing posts with label VRIENDSKAP. Show all posts
Showing posts with label VRIENDSKAP. Show all posts

Sunday, 20 September 2015

Vriendskap








VRIENDSKAP


Elkeen het sy eie genadegawe van God.  -  1 Kor. 7:7 (OV)


Ons leef in ‘n wonder-wêreld, ‘n wêreld vol mense, plante en diere, en ons is só geneig om dit alles maar as vanselfsprekend te aanvaar.  Saam-saam gebore en getoë in hierdie wêreld.  Maar nou, noudat ons onself Ligmense noem, nou moet ons so ‘n bietjie meer lig en liefde die wêreld binne-bring.  Ons moet soek na dit wat ons in gemeen het met ander, maar ons tog so verskillend maak.  Soos blomme in ‘n blomtuin sien ons die mense in ons lewens.  Die een mag miskien baie teruggetrokke wees, en kom eers tot sy ware self wanneer ons alleen saam is.  Dit laat ons dink aan ‘n viooltjie wat ons nie eers raaksien as dit langs ‘n iris groei nie.


Een van ons ander vriende weer, kan dalk so kleurryk soos ‘n roos wees, maar as ons nader ondersoek instel, kan ons die skerp dorings aan die stam vind.  Wat nou gedoen?  Gaan ek my aandag aan die blom gee, of aan die dorings en wegstap?  Ek sal liefdeshandskoene aantrek, en geen doring sal my steek nie.  Saam sal ons mekaar geniet en waardeer.


Gebed:  Ek is ‘n ware ligmens – ‘n ware vriend.


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com



Friday, 11 November 2011




VRIENDSKAP


Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie.  Nee,  Ek noem julle vriende, omdat  Ek alles wat  Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 
Joh. 15:15


Vandag vier ek die wonder van vriendskappe.  Deur self ‘n vriend te wees, leef ek my geestelike eienskappe uit.  Die liefde, geduld en bedagsaamheid van my inwonende Christus-self, stort ek op my vriende uit.

In my poging om ‘n ander te help, laat ek die Christus in my toe om die Christus in daardie persoon te groet.  My woorde van vertroosting, my bereidwilligheid om met meegevoel te luister, is die manier waarop my diepste wese kommunikeer met die diepste wese van iemand anders.  Vriendskappe is ‘n band van liefde, ‘n band van eenheid tussen twee mense.

Vandag lê ek my daarop toe om die vriendskappe in my lewe te geniet en te verryk.  Soos ‘n vriend, en in die gees van vriendskap, bring ek hulde aan die Christus in my hart en die Christus in die harte van my vriende.


Gebed:  Vandag leef ek van Christus tot Christus.


~ Uit Daelikse Woord ~