Showing posts with label Vlerke van 'n duif. Show all posts
Showing posts with label Vlerke van 'n duif. Show all posts

Monday, 21 September 2015

Vlerke van 'n duif








Vlerke van ‘n duif


Ek het gedink:  ag, as ek maar vlerke soos ‘n duif gehad het, sou ek wegvlieg en ‘n woonplek soek;  ek sou ver wegvlieg en in die woestyn gaan bly;  ek sou haastig probeer wegkom van hierdie onstuimige wind, van hierdie storm af.  -  Ps. 55:7-9



Hemelse Vader,


U wat my so goed ken
weet hoe dikwels ek al na die vlerke van ‘n duif verlang het
sodat ek net kan wegkom van my moeilike omstandighede
-         wat my soveel stres besorg –
en in ‘n plek van rus en vrede kan aankom.
Dankie dat ek U mag soek
in die môre, middag en aand
en mag weet dat U altyd daar is vir my
dat U geduldig na my luister
dat U elke gebed van my verhoor.
Dankie vir die versekering
dat ek nie die vlerke van ‘n duif nodig het nie
maar dat ek onder u vlerke mag kom wegkruip
dat ek op U kan vertrou om vir my te sorg en my te help.
Ek wil nou elkeen van my baie bekommernisse by U kom aflaai
met die wete, Here, dat met U by my
ek selfs te midde van die ergste lewenstorms
u liefde, vrede en kalmte sal kan ervaar.


Amen



Nina Smit  : ‘n Vonk van God




  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com